Gesinsbeplanning sal kweekhuisgasse aansienlik verminder

Deel op

Elke R80 wat oor die volgende vier dekades op gesinsbeplanning bestee word, sal kweekhuisgasse met meer as 'n ton verminder, terwyl dit ten minste R400 sal kos om lae koolstof tegnologie te ontwikkel om dieselfde resultate te kry, het navorsing bewys.

Die verslag getiteld Fewer Emitter, Lower Emissions, Less Cost, het bevind dat gesinsbeplanning as een van die primêre kweekhuisgasverminderingsmetodes geëien behoort te word.

Die VN het bevind dat 40 % van alle swangerskappe ter wêreld onbeplan is.

Indien basiese gesinsbeplanningsbehoeftes vervul word, sal 34 gigaton CO2 gespaar word. Dit is gelykstaande aan byna 6 keer die jaarlikse uitsette deur die VSA en byna 60 keer Brittanje se jaarlikse totaal.

Roger Martin, voorsitter van die Optimum Population Trust by die Londense effektebeurs sê dit was nog altyd "voor die hand liggend dat die totale hoeveelheid uitset bepaal word deur die uitsetters en hulle individuele uitset – die koolstoftonnemaat kan nie na benede tuimel soos ons dit wil, as die bevolking aanhou opskiet nie".

VN-data suggereer dat indien daar in die behoeftes van gesinsbeplanning voorsien word, sal onbeplande geboortes met 72% daal, wat die vooruitgeskatte wêreldbevolking in 2050 met 'n halwe miljard sal verminder na 8,64 miljoen.

Die navorsing is bekend gemaak op die dag wat die Britse regering se adviseurs oor klimaatsverandering, die Climate Change Committee, waarsku dat huishoudings en nywerhede se beplande vermindering van 80% nie voldoende gaan wees nie.

большая детская пирамидкалобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.