By Kovsies het ons gesien hoe die Reitz-video insgelyks aangegryp is om geweld en intimidasie op die kampus aan te stook, waarna 'n ingrypende kaputilasie deur die universiteitsowerheid en die rektor gevolg het. Blanke Afrikaanse studente voel nie meer welkom op die Kovsie-kampus nie en daar kan nou al voorspel word dat gedwonge integrasie van die koshuise tot verdere intimidasie gaan lei wat die blanke student uit koshuise sal laat verdwyn.
Van die swart studente aan Tukkies waarmee in die media onderhoude gevoer word, voer aan dat Afrikaans gebruik word om Afrikanerstudente te "bevoordeel", wat seker logies beteken dat Afrikaans aan die UP afgeskaf behoort te word.
Die jammerlike wyse waarop universiteitsowerhede hulself deur klein groepies radikale, verpolitiseerde swart studente op kampus laat intimideer, voorspel niks goeds nie. Daardie owerhede bestaan merendeels uit konformistiese Afrikaner-akademici wat in die verlede aan die Broederbond behoort het en steeds die kapitulasielogika van daardie liggaam in die vroeë negentigerjare as "oplossing" vir Suid-Afrika voorhou.
Die Afrikanerstudent sal moet besef dat die universiteitsowerhede eerder die radikale, gewelddadige swart student wat staak om gratis te mag studeer, goedgesind is. Wat nou aan die gang is, is 'n vorm van territoriale verowering waartydens koshuise en die kampus self van Afrikanerstudente gesuiwer moet word, hetsy deur intimidasie, hetsy deur geweld.
Kampusse het dus die teaters van etniese stryd en konflik geword. Die enigste wyse waarop jong Afrikaners hulself sal kan handhaaf, is deur saam te staan, hulself te organiseer en waar nodig, hulself ook teen geweld te verdedig. Die hele openbare ruimte in Suid-Afrika het in elk geval in so 'n staat van barbarisme verval, met plaas- en huisaanvalle, dat 'n mens eerder verbaas moet wees dat geweld op kampusse nie reeds vroeër uitgebreek het nie.
Vanuit die burgerlike samelewing sal daar ook steun vir die stryd van die Afrikanerstudent teen fisieke intimidasie en geweld moet kom. Dit mag selfs nodig wees om paramilitêre eenhede naby kampusse te ontplooi want in hul verbetenheid om Afrikanerstudente te verdryf, gaan radikale swart-nasionalistiese studente sekerlik nie daarvan terugdeins om selfs wapengeweld te gebruik nie.