Regter Kriegler leer op die harde manier

Deel op

Image

In enige beskaafde land sou “regter” John Hlope se loopbaan lankal verby gewees het. Hlope se optrede lei tot die slotsom dat hy op geen manier bevoeg is om ‘n regter te wees nie.

• Hy het korrupsie gepleeg deur geld van ‘n party in ‘n hofsaak, Oasis, te aanvaar. Wiens brood men eet…

Deel op

• Hy het op verskeie geleenthede rassistiese aanmerkings teenoor blankes gemaak. Ek wonder hoe lank enige blanke regter wat soortgelyke opmerkings teenoor swart regters gemaak het, sy pos sou behou?

• Hlope het probeer om mede-regters ten gunste van Jacob Zuma te beïnvloed.

Nietemin is Hlope op skokkende wyse deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) kwytgeskeld, sonder dat die aanklagte teen Hlope eens behoorlik ondersoek is. Die ANC regime het blatant by die RDK se werksaamhede ingemeng, en sodoende enige oorblywende vertroue wat blankes nog teenoor die regbank kon koester, vernietig. Om dit prontuit te stel: watter moontlike hoop het ‘n blanke op ‘n regverdige verhoor wat deur die rassistiese “regter” Hlope aangehoor word?

Daar is helaas nie veel in bostaande wat enige piesangrepubliek-realis sou verbaas nie. Dit is so duidelik soos daglig dat rassistiese transformasie en die etniese reiniging van blankes uit hul poste en enige posisies van invloed in die sogenaamde reënboognasie, ook blanke regters, die hoogste voorrang in Mzansi geniet. Bekwaamheid vir die pos en eerlikheid beklee ‘n verre tweede plek in die vreemde wêreld van transformasie. Was daar iewers op aarde sedert Nazi Duitsland ‘n ideologie wat so blatant teen ‘n spesifieke minderheid diskrimineer as die ANC regime se allesoorheersende beheptheid met rassetransformasie?

Ongelukkig is daar steeds diegene in liberale, blanke geledere wat hulle eenvoudig wil blind hou vir die ware aard van die Azaniese samelewing. Een van hierdie naïewes was regter Johan Kriegler. Hy het sekerlik oor die afgelope paar dae tot heel ander insigte gekom. Regter Kriegler is die voorsitter van die organisasie Freedom Under Law (FUL) asook ‘n vorige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Duidelik geskok deur die ANC se blatante manipulasie van die RDK ten gunste van die korrupte rassis Hlope, het Kriegler ‘n hofsaak teen die RDK aanhangig gemaak, wat die RDK wil dwing om die saak teen Hlope behoorlik te ondersoek.

Regter Kriegler het waarskynlik gedink dat die swart lede van FUL hom in hierdie saak sou steun, maar dit was ‘n groot mistasting aan sy kant. Regter Kriegler het op die harde manier geleer dat rassesolidariteit allesoorheersend in die swart psige is. Swart lede van FUL het bedank, onder hulle Cyril Ramaphosa, adv Dumisa Ntsebeza en adv Kgomotso Moroka.

Weer eens: Hlope is ‘n korrupte rassis, iemand wat nie eens ‘n bode vir die hof hoort te wees nie. Daardie aantoonbare feit het egter geen punte by Ntsebeza, Moroka en Ramaphosa getel nie. Soos hulle is Hlope swart, en daardie eenvoudige feit kanselleer al Hlope se fatale tekortkominge in hulle verwronge denkraamwerke.

Blankes, en ook liberale blankes, behoort hierdie les ter harte te neem. Daar is nimmereindige propaganda wat ten doel het om blankes te oortuig dat rassesamehorigheid onder blankes ‘n skande sou wees. Blankes word bykans gedwing om hoog en laag te sweer hoe kleurblind ons sou wees. Swartes is egter nie onderhewig hieraan nie. Sodra een van hulle, maak nie saak wie of hoe korrup die persoon is nie, aangekla word, staan hulle eendragtig op ‘n rassegrondslag saam teen die klaers.

Dit is hoog tyd vir blankes om ook onder alle omstandighede namens ons eie ras te begin optree. Nie-rassigheid is ‘n grap en wensdenkery, iets wat slegs vir blankes geld. Hoe gouer ons daardie les leer en ook begin om primêr in ons eie ras se belang op te tree, hoe beter vir ons langtermyn oorlewing.

Anton Barnard skryf ook op sy woernaal SAmizdat. Besoek dit gerus.

диагностическое оборудование для стоданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.