Polisielid in sy voertuig gekaap

Deel op

‘n Polisieman van die Oos-Kaap is Maandag in sy duur polisievoertuig gekaap, het die polisie gesê.

Die man was nie in uniform nie, maar was in die polisievoertuig onderweg toe die voorval rondom 6:30 Maandagoggend in Mthatha in die Oos-Kaap plaasgevind het.

Die polisieman se identiteitsdokument, bankkaarte en selfoon is deur die verdagtes gesteel en hulle het in sy polisievoertuig van die toneel gevlug.

“Die owerhede is in kennis gestel en die verdagtes is ‘n entjie verder voorgekeer”, het supt. Mzukisi Fatyela gesê.

Twee mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Die polisieman se besittings is aan hom terugbesorg.

 

акцентное освещение магазиновлобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.