Rapport se wanvoorstellings en die waarheid

Deel op

Image

Brandon Huntley

Nee, ek het die Rapport nie gekoop nie, maar by my pa op die plot gekuier en nes sigarette is Rapport vir party mense 'n slegte ou gewoonte wat mens sukkel om af te leer.

Deel op

Een volle bladsy word toe Sondag afgestaan aan artikels aangaande Brandon Huntley. Die sub-opskrif van die eerste artikel deur Marthinus van Vuuren lui, “Afriforum wil toetree, wys op ras-obsessie”. Dit laat dit met die eerste oogopslag vir die leser voorkom asof Afriforum 'n ras-obsessie veroorsaak deur hul toetrede tot die saak. Eers aan die heel einde blyk dit dat Afriforum wil toetree aangesien die ANK-adjunksekretarisgeneraal se kommentaar daarop was dat “rasse-aanvalle eerder andersom (wit teen swart) geskied.”

Die onderstaande artikel, ook geskryf deur Marthinus van Vuuren vra: “Kan Huntley se lot met die vlugtelinge s’n vergelyk word?” Daar word dan verskriklik op die las van Zimbabwiese asielsoekers ingegaan. Dit word so emosioneel aangebied dat as jy nie huil nie, moet jy rou uie en sout in jou oë smeer, die leser moet onmiddellik Huntley se vermeetelheid insien, hoe waag 'n blanke man om op beskerming aanspraak te maak terwyl swartes onder misdaad en verdrukking onder hul eie mense lei. Dit is nie net transformasie en die uiteindelike herverdeling van rykdom wat blankes moet kry nie maar ook 'n meer regverdige herverdeling van roof, moord en verkragting, en verdoem is die een wat hom teensit, wel…volgens Rapport in elk geval.

Die derde artikel weereens deur Marthinus van Vuuren, kondig dan hardop aan: “Misdaad word selde deur velkleur gemotiveer”. Hierin word die eienaardige standpunt gestel dat die meeste rassistiese aanmerkings tydens aanvalle slegs die misdadiger se terugsnou is op 'n rassistiese aanmerking deur die slagoffer is, m.a.w. as 'n swartman jou verkrag en jy noem hom 'n hond of enige ander belediging, is jý die oorsaak van sy rassisme. Laat my toe om dit in Rapport se terme aan te bied, as jy verkrag word, bly net stil anders is jy n rassis. Dan word komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof as finale bewys aangehaal “…misdadigers is nie rasgedrewe nie". En daar is hy –  Die Klinkklare Finale Bewys, waarvoor hoef blankes dan nog verdomp te wonder, Bheki Cele het dan so gesê, man.

Laastens word sogenaamde statistieke gegee nog steeds deur Marthinus van Vuuren. Dis nie landswye statistieke nie, dis ook nie statistieke wat al die rasgroepe akkuraat uitbeeld nie, nee! Hy vergelyk Sandton en Alexandra: dit is sy statistiese steekproef om by sy werklikheid uit te kom. Interessant genoeg is daar by die grafiek 'n stille byskrif: “Soorte misdaad wat meer voorkom in Alexandra.” Goeie genade, wat het met die res van die data gebeur, miskien moet universiteite ernstig oorweging daaraan gee om statistiek as 'n verpligte vak vir joernaliste aan te bied in stede van etiek; duidelik mors hulle hul tyd met daarmee.

As Marthinus van Vuuren met 'n ou HNP “Bly Blank by Volk”-T-hempie en 'n ou republieksvlag in Alexandra afgelaai word en hy kom iets oor, is dit dan nie ook n statistiese bewys dat blankes geteiken word nie? Die mense van Alexandra kan immers nie teen sy herkoms en kultuur diskrimineer nie. Ek bedoel geensins dat ek kwade bedoelings teenoor die man het nie, maar probeer slegs die perversiteit van sy statistieke illustreer. 'n Mens wonder ook waarom dit vir Marthinus van Vuuren nodig was om drie verskillende artikels oor dieselfde onderwerp op dieselfde bladsy te hê, hy kon sy drek in een sin opsom: Jy is blank, dis jou skuld, kry vir jou.

Die waarheid staan soos volg: Die nodige statistieke bestaan eenvoudig nie; baie misdade word eenvoudig nie aangemeld nie, want dis n mors van tyd en emosies. Ek ken nie 'n enkele blanke persoon wat bereid is om 'n sensusvorm in te vul nie, a.g.v. vertrouensbreuk – want wie kry die data en waarvoor gebruik hulle dit?

Afriforum het dus twee keuses: hulle kan van regeringstatistiek probeer gebruik maak, of n webblad opstel en die volk vra om historiese misdade wat hulle ervaar het vanaf swartes daarop aan te meld, en dit dalk in kombinasie met regeringstatistiek te gebruik. Die statistiek moet ook per capita verwerk word as slegs een twintigste van alle moorde op blankes is en ons is 9% van die land se populasie, dan word ons teen dubbel die koers as swartes afgemaai. En al sou dit nie so blyk nie, kan daar nog steeds geredeneer word dat ons 'n ontmagtige minderheid is wat op beskerming geregtig is ongeag die historiese konteks, die beskerming van minderhede moet plaasvind voordat etniese suiwering plaasvind, nie ná die tyd nie. Die waarheid is dat alle misdaad en geweld oor die rasgrens as rassisme verklaar moet word, hoe kan dit wees, dat om iemand te beledig erger is as om vermoor te word?

Blankes word landuit gedryf en alhoewel ons nie in treintrokke na gaskamers vervoer word nie, is dit steeds etniese suiwering. Ek sal wil sien dat Brandon Huntley se saak suksesvol is; ek sal nie wil sien dat blankes nog vinniger landuit stroom nie, maar dit kan die nodige internasionale druk bring wat nodig is en in n mate het dit reeds daarin geslaag.

справку дляФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.