Afrika-immigrante sak op SA toe voor w?reldbeker

Deel op

Image

Nie weer d?t nie… Geweld in Reigerpark verlede jaar

Godfrey Smith het sy geboorteland, Malawi, verlede jaar verlaat op soek na 'n werk in Johannesburg, met die sekerheid dat die 2010-sokkerwêreldbeker vir hom 'n skitterende geleentheid bied.

Deel op

Tans smous hy handsakke in 'n opelugmark, maar hy hoop steeds dat hy 'n voltydse werk gaan kry, nader aan die wêreld se gewildste sportgebeurtenis.

"As meer mense vir die wêreldbeker kom, sal daar miskien meer geld wees. Ek sal geld maak deur handel te dryf en miskien kan ek nog 'n ander werk ook kry," meen hy, waarmee hy die verwagtinge van vele werklose Suid-Afrikaanse en buitelandse swartes verwoord.

Suid-Afrikaanse amptenare sê dat hulle hul regmkaak vir 'n toestroming van trekarbeiders soos Smith wat hoop om uit die wêreldbeker munt te slaan en bekommer dat nie almal van hulle weer ná die spele gaan vertrek nie.

"Ons verwag dat meer swartes uit Afrika na Suid-Afrika gaan reis gedurende die FIFA-wêreldbeker in 2010, veral in die lig daarvan dat dié gebeurtenis Afrika se wêreldbeker is," het Cleo Mosana, woordvoerder vir binnelandse sake gesê.

"Die immigrasie-owerheid is baie bewus van die potensiaal vir mense wat die sportgebeurtenis as 'n manier sien om die land binne te kom en aan te bly," het sy bygevoeg.

Kommer oor 'n toestroming van immigrante is veral sterk ná verlede jaar se anti-immigrantegeweld wat 60 mense dood gelaat het en tienduisende gedwing het om uit hul huise te vlug.

Die aanvalle is deels gemotiveer deur die frustrasies van werklose Suid-Afrikaanse swartes  wat sukkel om te midde van 'n amptelike werkloosheidskoers van 23,6 geholpe te raak. Indien ontnugterde werksoekers ingesluit word, is die reële werkloosheidskoers egter veel hoër.

Die wêreldbeker kom nader op dieselfde tydstip as wat die land sy eerste resessie sedert 1994 deurmaak, met meer as 700 000 werkgeleenthede wat verleder jaar verlore geraak het.

Deskundiges vrees dat openbare verwagtinge van 'n styging in werkgeleenthede, sowel in die land as in die omliggende Afrikastate, onrealisties gestyg het.

"Daar is geen teken dat die wêreldbeker enige soort langtermynwerkgeleenthede gaan skep nie," sê Jean-Pierre Misago, 'n navorser in gedwonge migrasiestudies aan die universiteit van die Witwatersrand.

"Ons beter realisties raak… pleks van om te sê dat die wêreldbeker die ekonomie gaan versterk en miljoene rande gaan inbring." Die bou van nuwe stadions en ander vorme van staatsbesteding het gehelp om werksverliesetydens die land se eerste resessie in 17 jaar  te verminder.

Die plaaslike organisasiekomitee beraam dat die wêreldbeker 415 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika sal skep, wat die boubedryf, wetstoepassing en die dienstesektor insluit.

Die werk wat Afrika-immigrante wil verrig, is meer informeel. Hulle beplan om hul goedere aan die 450 000 sokkergeesdriftiges te smous wat na verwagting op die land gaan toesak.

Vele swartes uit buurlande kan Suid-Afrika op 'n 90-daevisum binnekom, 'n beleid wat die regering hoop hulle sal oortuig om die land wettiglik binne te kom – en dan weer te verlaat, sê Misago.

Maar hy het gewaarsku dat die regering sy besluit moet verduidelik in die lig van die anti-immigrantesentiment wat verlede jaar tot geweld gelei het.

"Die regering moet veel meer doen om aan die mense te verduidelik waarom dié besluit geneem is, die voordele vir die land, vir die gemeenskap, vir al die mense wat deur dié besluit geraak word," het hy gesê.

By die opelugmark in Johannesburg heers optimisme oor die sake-oplewing wat gedurende die spele gaan plaasvind.

"Daar gaan veel meer sake wees want mense sien na 2010 uit," sê die Suid-Afrikaanse smous Martha Latawana, 23.

"Buitelanders gaan kom omdat daar meer geleenthede in Suid-Afrika gaan wees en meer werk vir 2010," sê sy, maar voeg by dat sy nie dink dat die etniese aanvalle op vreemdelinge weer gaan uitbreek nie.

"Mense het uit hul foute geleer. Ek dink nie hulle sal weer so iets doen nie."

live cassinoлобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.