Jonathan Jansen, die man van nêrens

Deel op

In sy rubriek Ras en taal volgens prof, Jansen gee Dan Roodt sy indrukke van die Afrikaanse Taalberaad van 2005 op Stellenbosch. Dan haal hy prof Jansen se berugte stelling van vroër hierdie maand aan: “…luister na kak oor kultuurverskille nie.” Hy gee ons ook ‘n beeld van die stortvloed van Afrikanerhaat wat uit arrogante bruin magsbekleërs se monde vloei.

Jammerlike drommels.

Dit is menslik om aanvanklik geskok te wees oor volwasse en geleerde persone wat so optree. Hoewel onverskoonbaar, kan ons Jansen en kie se woede en dilemma verstaan, gesien teen die historiese agtergrond waaruit die mense se antagonistiese houding jeens Afrikaners en hul kultuur ontstaan het.

Hulle het ‘n diep sielkundige probleem. Dit gaan oor ras.

Dis nie slegs in Suid-Afrika waar mense van gemengde bloed ná die koloniale tydperk agtergelaat is nie. In ander lande het dit ook gebeur. Toe die Britte Indië in 1947 verlaat het, het hulle ‘n paar honderdduisend Anglo-Indiërs agtergelaat. Hierdie gemeenskap van kwasie-Engelse moes hul voete vind in ‘n land waar klasseverskil elke landsburger se sosiale rangorde bepaal het.

Histories is hulle sosiaal verwerp deur sowel die wit as die inheemse bevolkings waaruit hulle gekom het en het dus liewer hul huweliksmaats by hul eie sosiale groep gesoek, waardeur ‘n hegte gemeenskap met ‘n eie identiteit gevorm is. Die swart Indiërs het hulle as Engelse beskou met ‘n bietjie Indiërbloed, terwyl die Engelse hulle as Indiërs beskou het met ‘n bietjie Engelse bloed. Hulle het nie by enige van die twee gemeenskappe ingepas nie en moes noodgedwonge ‘n nuwe gemeenskap skep.

In die skole het die Anglo-Indiërs die Engelse taal, Britse kultuur en kurrikula gevolg. Hul kinders sou nie maklik ‘n Indiese skool met sy inheemse kultuur en tale bywoon nie. Die eerste ding wat mens in ‘n Anglo-Indiese huis sou aantref, was ‘n groot foto van die Britse koningsgesin en impiriale snuisterye. Baie van hulle het, ná afloop van die Britse onttrekking, na Australië, Kanada en Brittanje verhuis. Daar het hulle hulself as volbloed-Britte beskou, maar die donkerder Anglo-Indiërs is nie maklik in hul nuwe vaderland verwelkom of aanvaar nie.

Dit was ‘n rasding.

Enkele jare gelede het ek op ‘n warm aand ‘n bier in ‘n kroegie in Londen gesit en drink. Die kroegman was ‘n jong Anglo-Indiër. Hy vertel my dat hy besig is met ‘n meestersgraad in chemie en wou weet van werksgeleenthede in Suid-Afrika. My spontane reaksie was dat die land mense met sy opleiding benodig. Toe ek na hom as ‘n Indiër verwys wat voorkeur sal geniet by enige posaanstelling, draai hy summier om en stap weg. Hy beskou homself nie as Indiër nie, maar as ‘n Engelsman van Indiese afkoms.

Ek het sy frustrasie verstaan. Hy was ‘n man van nêrens.

In Suid-Afrika het presies dieselfde as in Indië gebeur. Baie bruinmense beskou hulself vandag as polities swart, maar sosiaal wit. Dit laat hulle gewoonlik onwelkom voel in sowel swart as wit sosiale kringe, hoe hard Media24 ook al probeer om ‘n soomlose gemeenskap van Afrikaanses voor te hou. Dit ís mos so dat nie baie bruinmense Xhosaskole wil bywoon nie. Hulle verkies Afrikaanse skole en deesdae ook Engelse skole. Bruinmense van Maleisiese afkoms moes noodgedwonge Afrikaanse skole bywoon, maar dié van swart-Afrika-oorsprong het ‘n keuse gehad om in ‘n inheemse taal te studeer en ‘n Afrika-kultuur aan te neem.

Maar hulle het nie. Hoekom?

Dit is ‘n rasding.

Sielkundiges soos Fisher en Soon beweer dat, hoewel mense aan verskillende sielkundige gemeenskappe verbind is, elke persoon ‘n primêre gemeenskap het wat sy waardestelsel, norme en identiteit versterk met strukture en sosiale ondersteuningstelsels. Dit is uiters belangrik vir die welsyn van ‘n gemeenskap se lede.  In sommige gevalle aspireer mense na lidmaatskap van ‘n gemeenskap, maar word verwerp.

Hulle beweer dat deur lidmaatskapstatus te verwerf, probeer die verwerpte groep hulself as wit te gedra, terwyl die nie-wit deel van hul herkoms verwerp en misken word. Hulle het bevind dat sosiaal gevormde verskille en afstande tussen gemeenskappe, rassisme en ander negatiewe uitkomste wat met verwerping en marginaliteit verband hou op sielkundige vlak by lede van aspirerende groepe manifesteer. (Fisher, A. en Soon, 1996)

In sy bespreking van die begrip “identiteit”, toon Erikson aan dat dit gewoonlik ontstaan by daardie punt waar die individu sy identiteit as ‘n probleem ervaar. Net soos die Anglo-Indiërs Indiese burgers by geboorte is, maar ‘n Engelse kultuuroriëntasie het, is bruinmense Afrikane by geboorte, maar verkies die Afrikaners se taal en kultuur; iets wat mense soos Christa van Louw en Jonathan Jansen hoog die josie in maak. Hulle beskou taal en kultuur as gemeenskaplike goedere, maar wil nie die logiese gevolge van hul beskouing aanvaar nie, naamlik om hul taal en kultuur met alles tot hul beskikking te beskerm nie.

Kultuur het vir mense soos hulle ‘n vyand geword. Maar Jansen se probleem is dat hy die bruin gemeenskap se Julius Malema is, ‘n politieke nar sonder substansie.

Dit is waarom Jansen kon sê: “Ek wil nie luister na die kak oor kultuurverskille nie.” Hy wil swart Afrikane, wat nou ook na ‘n Westerse Engelse kultuur aspireer, saam met Afrikaanse studente in ‘n situasie inforseer waar geen van die twee groepe hul eie taal en kultuur kan uitlewe nie.

Sy dilemma is dat hy iewers verkeer tussen wat hy het en wat hy wil hê, tussen wat hy is en wat hy wil wees.

Jonathan Jansen is ‘n man van nêrens.

to beatДанильченко Юрий Брониславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.