Zille s? US moet Afrikaans bly

Deel op

Die Universiteit van Stellenbosch voorsien in die behoefte van die mense van die Wes-Kaap waar die meeste inwoners Afrikaanssprekend is,” sê Helen Zille, DA-leier en Wes-Kaapse premier.

Sy het Dinsdag by ’n nuuskonferensie saam met dr. Wilmot James, die DA se skaduminister van hoër onderwys, die party se beleidsdokument oor hoër onderwys en opleiding bekend gestel.

Sy het gesê dat die US die groot getal Afrikaanssprekende studente wat uit voorheen benadeelde gemeenskappe kom moet opneem en aan hulle akademiese opleiding moet gee.

Dit sal onaanvaarbeer wees as 'n Afrikaanssprekende student by die Universiteit van die Witwatersrand, waar die onderrigtaal Engels is, aandring om in Afrikaans onderrig te word, sê Zille.

“Behoort Engelse studente by elke universiteit in die land daarop aan te dring om onderrig in Engels te kry? Nee.”

“Die mees uitnemende universiteite in die wêreld is dié waar daar geen inmenging is nie,” het James gesê. Die DA het die belang van akademiese vryheid en onafhanklikheid van inmenging onderstreep en dit sluit reg tot die keuse van die medium van onderrig in.

 

pearl wedding accessoriesЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.