Grondhervorming ‘n mislukking s? regering

Deel op

Die Suid-Afrikaanse regering het duisende plase bekom sodat meer swartes kan plase hê, maar meer as die helfte van die plase het reeds misluk of is besig om te misluk volgens Minister Gugile Nkwinti in die parlement op 1 September.

Deel op

Die regering wou 30 persent van landbou grond (24,6 miljoen hektaar) aan swart Suid-Afrikaners gee teen 2014, maar teen Junie 2009 was slegs sowat 6,7 persent (5,5 miljoen hektaar) uitgedeel en die meeste ontvangers van die grond sukkel om te oorleef.

Sowat 2 864 plase is reeds bekom. 29 persent van die projekte het misluk, en nog 22 persent gaan agteruit. 362 plase is totaal onproduktief, en nog 275 is ook byna onproduktief. Die grondhervormingsprogram het die belastingbetalers van Suid-Afrika sowat us$800 miljoen gekos.

Volgens Karen Kleinbooi by die Universiteit van die Weskaap, is die grootste probleem met die grondhervorming, dat daar geen visie vanaf die regering is oor wat hulle met die grondhervorming wil bereik nie.

воронеж аксессуарыпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.