Onbevoegdheid die teelaarde van rassisme

Deel op
Radio RSG se oggendprogram PRAAT SAAM, onder die leiding van Freek Robinson, het op 3 September 2009, ‘n twee-uur lange program oor die tema van rassisme uitgesaai.

Vir eers die samestelling van die paneel. Dit is uit die bespreking duidelik dat die paneel met die ideologiese oogmerke sodanig saamgestel is, naamlik om ‘n lyn van denke te beklemtoon dat kleur eintlik net vel-diep gaan en dat “onder die vel” alle mense eenders is. Daarmee is die ideologiese doelwitte van ‘n liberaal-humanistiese antropologie of beskouing aangaande die mens gedien. Anders gestel: die deelnemers aan die program het ‘n “akademiese” saak probeer uitmaak ten gunste van ‘n sosiale determinisme. Maak die ekonomiese speelveld gelyk en alle mense, ten spyte van kleurverskille, is dan gelyk. Wat ookal onder gelyk verstaan moet word. Vir ‘n akademikus wat ‘n ander standpunt inneem – dus ‘n standpunt dat daar drie oorhoofse rasse (Kaukasiërs, Negroïede, Mongoloïede) is – is natuurlik polities nie korrek nie en kom op beroep-selfmoord neer.

Ter wille van gesonde meningswisseling en gebalanseerde debat sou dit dus beter gewees het om ook persone in die gesprek te betrek wat ‘n standpunt kan verdedig:

  * Dat die uiterlike fenotipiese eienskappe van ‘n mens innig en onafskeidbaar verweef is met die genotipiese potensiaal van ‘n mens.

  * Dat die verskille tussen die rasse dus ook van verskillende temperamente en essensialiteite getuig.

  * Dat Kaukasiërs Westerse beskawingsgenote is wat gedesentraliseerde en gedifferensieerde beskawingswaardes deel, ten spyte van taal- en kultuurverskilkle.

  * Dat dominante Negroïede lande, soos in Afrika, geneig is tot totalitêre staatsformasies en magsmisbruik.

  * Dat Derde Wêreldlinge tot dusver nie daarin kon slaag om dieselfde ekonomiese welvaartspeile te bereik as Westerse demokrasieë nie.

Dit is natuurlik in hierdie tweede kategorie van denke gewoon so dat daar wel grysgebiede tussen die rasse is, waarin individue bo die gemiddeld presteer en uitstyg.

Daar is ‘n derde kategorie van persone wat bekend staan as die biologiese deterministe. Hierdie kategorie gaan uit van die standpunt dat die genotipiese eienskappe van die rasse grense skep en skanse daarstel wat die potensiaal van die mens sodanig beperk dat van uitstyging min sprake is. Die mens is dus ‘n gevangene van sy kultuur en beskawing.

In hierdie geval word verwys na die baie bekende Nederlandse psigoloog, J.H. van den Berg, die skepper van die Teorie van Metabletika, wat in die tagtigerjare na agtienmaande studie aan die destydse Universiteit van die Noorde tot die slotsom geraak het dat die agterstand tussen Kaukasiërs en Negroïede in SA sodanig is dat die agterstand nie in honderde jare uitgewis sal kan word nie. Oor hierdie standpunt is Van den Bergh natuurlik in Nederland gekruisig, want binne die tydsraamwerk waarbinne hy navorsing gedoen het was genetiese studies ‘n verbode terrein.

Hoe dit ookal sy, empiries is dit gewoon so dat ‘n ieder en ‘n elk die verskillende rasse sonder moeite van mekaar onderskei en uitken. Nog verder: dat rasseverskille met beskawings- en kultuurverskille gepaard gaan. Rassisme word versterk deur die empiriese waarneming dat Negroïede gemeenskappe nie-gedifferensieerde sosialistiese gemeenskappe is, wat gekenmerk word deur radikale armoede en ellende. In SA is dit verswarende faktore dat die nuwe bewindhebbers se prestasies in openbare ampte deur radikale mislukking gekenmerk word. Beeld rapporteer ‘n paar dae gelede dat bykans alle plaaslike owerhede finansiële bankrotskap in die oë staar. Maatskappye en boerderye wat aan Negroïede persone oorgedra is, ontspoor mettertyd. In kort: die gebrek aan prestasie en ‘n Westerse werksetiek versterk die stereotipe van rassisme.

Die volgende waarnemings van ‘n buitelandse joernalis is nogal insiggewend.

Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van “het jaar 2009” het pas ‘n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die NRC Handelsblad, die NOS TV Joernaal, die VRT asook die Nederlandse Wereldomroep. Die boek is getiteld “Help, Ik Ben Blank Geworden en is uitgegee deur Promethius/NRC Handelsblad Amsterdam/Rotterdam (241 paginas).

Vermeulen kom na SA met ‘n tipiese linkse geestesinstelling, assosieer sterk met die sg. onderdrukte swartes, maar word oor tyd “ongeneeslijk blank”. Hoe dieper Vermeulen in die problematiek tussen wit en swart delf, hoe meer het “Zwarte vlekken in mijn integratiedroom” (60p.) vorm aangeneem, skryf hy. In Nederland het Vermeulen nooit blank gevoel nie, maar “in Afrika was ik ongeneeslijk blank geworden” (61p.). Blank beteken in Afrika soveel meer as alleen die kleur van die vel, ontdek hy (62p.). Hy siteer ‘n blanke wat verklaar dat “wij (de blanken) en zij (de zwarten) verschillen van elkaar zoals de dag van de nacht en dat zal nooit veranderen” (131p.). Vermeulen kyk terug op sy verslaggewing van insidente oor sewe jaar en kom met betrekking tot die moorde tot die gevolgtrekking dat hy toe “onzin had uitgekraamd” (65 p.).

Die geestelike ommekeer wat Vermeulen maak is dat, in plaas daarvan dat hy integreer met die swart massas – die hoofdoelwit van sy koms – hy verder wegdryf en sy blankheid ontdek. Hy tipeer dit so:

“… ik haalde mijn doelstellingen niet. … ik integreerde niet … ik dreef er steeds verder vandaan. Ik faalde zoals Johan (Nel) had gefaald. Ik bleef proberen, telkens weer, totdat ik zeker wist dat mijn falen niet te vermijden was.” (p. 49).

Die oorhoofse gevolgtrekking waartoe Vermeulen kom is dat die groeiende rassisme in SA sedert 1993 die direkte resultaat is van die brutale plaasmoorde, xenofobie teen buitelandse swartes en verkeerdstellende aksie (affirmative action). Blank en Swart in suider Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings.

Hy kom tot die ongelooflike gevolgtrekking dat “echt opgaan in een andere cultuur, assimileren, integreren of wat voor een naam politici er ook aan geven, onmogelijk is” (237p).

Die waarde van Vermeulen se boek lê daarin dat die verskil tussen wit en swart nie ‘n kwessie van pigmentasie is nie, maar dat pigmentasie saamval met twee mekaar uitsluitende sosiale ordes wat in een en dieselfde staatsverband onverenigbaar is. Die vraag bly onopgelos hoe twee gemeenskappe – Wes-europees teenoor Afrikasentries – met twee verskillende staatsidees vreedsaam deurmekaar in een en dieselfde staat kan bly bestaan.

Wat die RSG-gekose akademici nie verstaan nie, is die werking van die paradoks. Dit wil sê dat ‘n goedbedoelde beleid (soos gedwonge integrasie) presies die teenoorgestelde uitkomste kan hê as wat voorsien is. In hierdie verband word gewys na die gesprek van Freek met Jansen, die nuwe “ingevoerde” rektor van die Universiteit van die Vrystaat wat gedwonge integrasie op koshuisvlak voorstaan en beplan om deur te voer. Oor hierdie standpunt het ek ‘n brief aan die Redakteurs van Die Volksblad en Beeld geskryf; ‘n brief wat nie gepubliseer is nie, maar wat in die geheel oor die werking van die paradoks weergegee word.

Ten slotte is die vraag belangrik of rassisme verdedig kan word en watter stappe en maatreëls geneem kan word om rassisme hok te slaan. In die eerste plek sal die nuwe bewindhebbers van SA die begrip meritokrasie moet herontdek. Dit beteken dat ras en kleur geen rol mag speel in die aanwysing van bepaalde persone vir bepaalde betrekkings nie. In hierdie geval sou Jansen, wat van elders af ingevoer is om ‘n polities-korrekte sein uit te stuur, heelwaarskynlik nie die Rektor van die Vrystaats Universiteit geword het nie. Dit beteken ook met eens dat die “affirmative action”-beleid nek-om gedraai sal word.

Tweedens sal die Negroïede meerderheid moet staak om in hulle taalgebruik die begrip Afrikaan net vir Negroïede te reserveer. Die begrip Afrikaner dui juis die verbondenheid van Afrikaners met die Afrika-kontinent uit. In die Ngunitale word byvoorbeeld na Kaukasiërs as Abelungu en na Afrikaners as Amabunu verwys, terwyl die begrip Abantu (die mense) vir die Negroïede gereserveer word. Om rassisme hok te slaan sal die Negroïede afstand moet doen van ‘n kollektivistiese samelewingsbegrip en ruimte moet inruim vir ‘n gedifferensieerde multikulturele samelewingsidee.

Insgelyks sal daar in die landsadministrasie uitkomsgebaseerde politieke bedryf moet word. Daarmee word bedoel dat die administrasie moet werk.

Om telkens in ‘n selfverskonende mentaliteit ter verdoeseling van oneffektiwiteit te verval dat dit wat nou onder ANC bewind gebeur die resultaat van apartheid en kolonialisme is, is loutere snert.

In kort: daar is ‘n direkte eweredige verband tussen rassisme en onbevoegdheid. Onbevoegdheid verskerp die stereotipe dat net Kaukasiërs ‘n hoogsbeskaafde land kan regeer.

free slots free playЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.