Gedwonge integrasie bevorder spontane differensiasie

Deel op

Ek doen ‘n beroep op Afrikaners om op grond van die volgende twee redes wye ondersteuning te gee aan prof. Jonathan Jansen om gedwonge integrasie in koshuise by die Universiteit van die Vrystaat (UV) af te forseer.

  * Vir eers is dit goed vir privatisering. Studente wat reeds ontdek het dat die verskille tussen wit en swart nie net ‘n kwessie is van kleur nie, maar ook van kultuur en beskawing, sal hulle eie gemeenskapsruimtes in private akkommodasie buite die UV se grense gaan soek. Die nuwe geprivatiseerde Reitz-koshuis is ‘n treffende voorbeeld.

  * Tweedens, sal liberale studente wat in UV-koshuise ingedwing word, in die geforseerde en geïntegreerde koshuise ontdek dat die verskille van ‘n kulturele en beskawingsaard is.

Ek verbaas my oor die oppervlakkige liberalistiese siening van Jansen wat buite die raamwerk van die Grondwet van SA lê. Jansen reduseer die verskille tussen wit en swart tot net ‘n kwessie van “mense wat anders … lyk”. Daarmee ontken Jansen dat SA ‘n kulturele mikrokosmos is. 

Die Grondwet van SA maak pertinent voorsiening vir vrye assosiasie (a. 18) binne gemeenskapsverband (a.185), vir vryheid van uitdrukking (a.16), vir vryheid van persoonlike en familie tradisies wat met vryheid op geloof, oortuiging en mening (a.15) verband hou, en vir die reg om aan ‘n eie kulturele lewe deel te neem (a.30). Die Grondwet verklaar ook uitdruklik dat persone wat aan ‘n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort nie die reg ontsê mag word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie en organe van die burgerlike samelewing te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie [a.31(1)].

Inmiddels wil ek studente-organisasies en huiskomitees aan die UV aanmoedig om gesamentlik formele klagtes teen Jansen se ideologie te lê by die Menseregtekommissie (a.184) en Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe (a.185).

Jansen wat kragtaal soos k*k gebruik en die reg op kulturele differensiasie tot apartheid reduseer, is buite orde. Soos ek die boere ken gaan hulle nog sy kn***s uitsny en vir die varke gooi. Jansen wat so behep met rassisme is, kan sy aanstelling as rektor juis wyd aan die feit dat hy ‘n swart gesig het en liberale politiek voorstaan.

Dr. Christo Landman
Voorsitter: Afrikaner Alliansie
 

варианты освещения прихожейОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.