Nou val Jonathan Jansen die Christene aan

Deel op

Image

Jansen… skriflesing en gebed gee aanstoot

Nadat die nuwe kleurlingrektor van die Vrystaatse Universiteit, Jonathan Jansen, in die openbaar verklaar het dat hy "kak oor kultuurverskille" wil hoor nie en ook nie meer enkelmedium-Afrikaanse klasse gaan duld nie, het tans hy skriflesing en gebed in sy visier.

Deel op

Jansen wil 'n multigeloofkultuur op die kampus invoer. In 'n omsendbrief wat vandeesweek onder personeel versprei is en op die universiteit se intranet besigtig kan word, sê Jansen: "Ons is nie 'n privaat godsdienstige universiteit nie en kan gevolglik nie 'n plek wees wat Christengebruike by vergaderings van 'n openbare universiteit handhaaf nie. Verder, in die dae en jare vorentoe, gaan al hoe meer personeel en studente van 'n wye omvang van geloofstelsels kom, en 'n openbare universiteit behoort nie slegs een sodanige uitdrukking van geloof te onderskryf nie."

Jansen meen ook dat die Christelik geloof "grootmoedig in die aanvaarding van ander gelowe behoort te wees, en dat die gebruik van 'n universiteitsverhoog om 'n mens se geloof uit te druk en te bevorder die Christelike geloof 'n onguns bewys".

Die nuwe rektor se volgehoue veldtog om die Universiteit van die Vrystaat van sy voorheen Afrikaanse en Christelike karakter te ontneem, sluit ook die verandering van koshuis- en ander tradisies in, wat in 'n vorige omsendbrief aan personeel ter sprake gekom het.

Hier volg albei omsendbriewe:

Maandag Bulletin, 31 Augustus 2009

Een van die mees sensitiewe vraagstukke wat 'n openbare universiteit in Suid-Afrika in die gesig staar, is of ons amptelike universiteitsvergaderings met Christelike skriflesing en gebed behoort te open. Aangesien baie persone op ons kampus Christengelowiges is, is dit natuurlik moeilik om sonder heelwat emosie en kommer onder personeel en studente so 'n gesprek aan die gang te sit.

Party sal redeneer dat 'n universiteit 'n plek is wat los van 'n spesifieke geloof of geloofstelsel staan, aangesien die universiteit presies dit is – 'n universiteit, wat gevolglik nie slegs die reg en vryheid van alle gelowe onderskryf nie, maar ook aanvaar – Christen, Moslem, Hindoe, Joods – om op die kampus geakkommodeer te word, insluitend almal wat die keuse uitoefen om nie te glo nie.

Met hierdie in gedagte, moet ons die volgende onthou: ons is nie 'n privaat godsdienstige universiteit nie en kan gevolglik nie 'n plek wees wat Christengebruike by vergaderings van 'n openbare universiteit handhaaf nie. Verder, in die dae en jare vorentoe, gaan al hoe meer personeel en studente van 'n wye omvang van geloofstelsels kom, en 'n openbare universiteit behoort nie slegs een sodanige uitdrukking van geloof te onderskryf nie.

Daar bestaan ook die standpunt dat die Christengeloof (en enige ander geloof) grootmoedig in die aanvaarding van ander gelowe behoort te wees, en dat die gebruik van 'n universiteitsverhoog om 'n mens se geloof uit te druk en te bevorder die Christelike geloof 'n onguns bewys.

So hier is my vraag: Wat dink jy behoort ons te doen?

Maandag Bulletin, 24 Augustus 2009

Een van die algemeenste bekommernisse wat tydens baie van my vergaderings in die koshuise sowel as die inloop-vergaderings elke oggend in my kantoor deur studente gelug word, is die vraag oor tradisies. Studente is bekommerd dat dekade-oue tradisies mag verdwyn as gevolg van die veranderinge wat ons vir ons kampus en die koshuise beplan. Waar staan die Rektor in terme van tradisies, word ek dikwels gevra?

Ek hou van tradisies. Tradisies bind ons saam as 'n universiteitsgemeenskap en laat positiewe gedagtes en goeie herinneringe in ons geheue oor ons tyd by die universiteit. Tradisies onderskei ons van ander instellings en gee blywende betekenis aan kampuslewe.

Maar nie al ons tradisies is opbouend en eerbiedig teenoor ander studente en personeel nie. Tradisies wat ander verneder, of aandring op verskillende reëls vir een groep mense bo 'n ander is nie van pas in 'n menseregtekultuur nie. Ons eerstejaarstudente moet met respek en opbouend as mense en as nuwelinge by ons universiteit behandel word. Ons gedrag moet verder erken dat tradisies wat vir een groep studente betekenis het, of 20 jaar van pas was, nie vandag dieselfde betekenis vir ons baie diverse groep studente mag hê nie.

Ons moet ons beste tradisies behou, ons slegte tradisies verwerp en nuwe tradisies bou.

So, hier is my vraag: watter tradisies moet behou word, watter tradisies moet afgeskaf word, en watter nuwe tradisies moet oorweeg word?

Praat met my.

99spravok.ruАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.