Obama se Afghanistan-konsensus gaan vou

Deel op

Net weke voor President Barack Obama se verwagte skuif om nog troepe na Afghanistan te stuur, is die konsensus in Washington besig om uitmekaar te spat en spoke van 'n nuwe Viëtnam op te jaag.

'n Groeiende aantal kenners twyfel of die oorlog gewen kan word, terwyl Obama wat alreeds 21 000 bykomende versterkings gestuur het, dit oorweeg om verdere troepe te stuur met sy strategiese oorsig.

Obama het die stryd in Afghanistan as die enigste sinvolle stryd teen terreur voorgestel tydens sy verkiesingsveldtog en as president het hy dit onlangs beskryf as "'n oorlog van noodsaak".

Sy administrasie het in Maart die doelwitte van die oorlog geherdefinieer, en besluit om op Al-Kaidavegters en ondersteuners te fokus asook om harder militêr teen insurgente op te tree.

Op die grond is die situasie egter besig om te versleg en Augustus was die dodelikste maand nog vir die VSA sedert die oorlog in Oktober 2001 begin het.

Stafadmiraal Michael Mullen het aan die NBC-televisiestasie in Augustus hierdie jaar laat blyk dat hulle 'n hele nuwe strategie bedink het en nou oorbegin. Mulle sê die "kultuur van armoede" moet beveg word omdat dit die Taliban bevoordeel..

Maar 'n konserwatiewe rubriekskrywer in die Washington Post, George Will, sê "dit het 'n paar dekades geneem om net 'n paar vierkante myl in die Suid-Bronx" se armoede te beveg. Hy het 'n beroep gedoen op die VSA om dadelik "uit te kom" uit Afghanistan.

Wesley Clark, die vorige bevelvoerder van NAVO en afgetrede generaal, is ook besonder ontstig oor die rigting waarin die konflik neig. "Die ooreenkomste met Viëtnam is uiters kommerwekkend," skryf hy in die New York Daily News.

Hy sê die insurgensie word van buite die land se grense gedryf net soos in Viëtnam en dat veilige hawens buite Afghanistan se grense die VSA se pogings gaan fnuik. "Breër politiek-strategiese kwessies weeg teen die militêre uitbreiding en voorspel verdere konflik oor die gebied."

Michael O'Hanlon, wat Obma se nuwe offensiewe strategie ondersteun, sê net 200 tot 300 Amerikaners sterf in Afghanistan per jaar, terwyl 5 000 per jaar in Viëtnam die lewe gelaat het.

Clark sê egter indien die sterftesyfer bly klim, gaan Amerikaners beslis teen die oorlog draai. Tans is reeds ses uit tien Amerikaners teen die oorlog gekant volgens 'n CNN/Opinion Research Corporation-opname.

Obama staar 'n opdraende stryd in die gesig want in die Kongres is selfs Demokrate besig om hulle bedenkingete lug.

детские строительные инструменты купитьФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.