Mugabe laat 1 500 gevangenes vry, weens gebrek aan kos en water

Deel op

Image

Robert Mugabe, het nie meer kos en water vir sy gevangenes

President Robert Mugabe het 1 500 gevangenes kwytgeskeld, wat meer as 10 persent van die land se tronkbevolking verteenwoordig, aangesien Zimbabwe hulle nie langer van voedsel en water kan voorsien nie, het 'n beampte Woensdag gesê.

Deel op

Mugabe het amnestie aan 1 544 gevangenes verleen, meesal vroue en jongmense, asook mense met terminale siektes, het die permanente sekretaris in die ministerie van justisie, David Mangota, gesê.

"Die Zimbabwe-gevangenisdiens staar uitdagings in die gesig… sover dit die voorsiening van gevangenes se rantsoene, klere en beddegoed betref, asook toiletware en vervoer, onder andere," het Mangota aan die amptelike New Ziana-nuusagentskap gesê.

Mense wat aan oortredings soos moord, verkragting en sameswering teen die regering skuldig bevind is, kwalifiseer nie vir die amnestie nie, het Mangota gesê.

In Junie het die regering die Internasionale federasie van die Rooikruis toegelaat om komberse, kos, medisyne en ander voorrade aan die tronke te lewer.

Amnestie Internasionaal sê dat bykans 1 000 van Zimbabwe se 12 900 gevangenes in die eerste ses maande van die jaar gesterf het in tronke wat oorvol en smerig is.

Die Khami-maksimumsekuriteitsgevangenis in Bulawayo se watertoevoer is verlede maand afgesny as gevolg van onbetaalde waterrekenings.

Haglike tronktoestande het die selle in 'n teelaarde vir cholera, diarree en tuberkulose omskep, wat die reeds hoë MIV-besmettingskoers in die land vererger. In Zimbabwe het 15,6 persent van volwassenes die virus wat Vigs onder lede.

для хамамаЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.