Kriegler gaan Hlope nie los

Deel op

Voormalige Grondwethofregter, Johann Kriegler, sal binnekort aankondig dat hy die besluit om klagtes van wangedrag teen die Kaapse regterpresident John Hlophe te laat vaar, gaan teenstaan.

Sy woordvoerder Niall Gahan het Woensdag gesê daar sal Donderdag tydens 'n mediainligtingsessie verdere besonderhede bekend gemaak word

Kriegler gaan dmv die nie-regeringsliggaam, Freedom Under Law (FUL), waarvan hy die voorsitter is, die saak aanhangig maak.

Die liggaam is in Januarie opgerig en in Suid-Afrika asook Switserland geregistreer. Hulle beywer hulle vir wettige demokrasie "en om begrip en respek vir 'n regstaat uit te bou en beginsel van wettigheid".

Die Geregtelike Dienstekommissie, GDK, het verlede week aangekondig dat hulle besluit het om nie die beweringe dat Hlope Grondwethofregters oor Jacob Zuma wou beïnvloed, verder gaan ondersoek nie.

Die depratement van justisie in die Kaap het Woensdag gesê Hlope sal Maandag na sy pos terugkeer nadat hy is Mei 2008 op spesiale verlof geplaas is.

Die GDK het Hlope gekritiseer omdat hy Zuma se korrupsiesaak met Grondwethofregters Bess Nkabinde en Chris Jafta bespreek het, maar kon geen getuienis vind dat hy hulle probeer beïnvloed het nie.

Opposisiepartye het die besluit verwerp.

Kriegler het Hlope tydens 'n openbare rede verlede maand beskryf as "die manifestasie van die probleem" en gewaarsku dat geregtelike onafhanklikheid nie geoffer moet word by die "altaar van transformasie" nie.

Ander lede van FUL sluit in Elize Angula, van LorentzAngula Incorporated, vorige dekaan van regte by die universiteit van Kaapstad, Professor Hugh Corder, Ezra Davids, 'n vennoot by Bowman Gilfillan en Jeremy Gauntlett , senoir advokaat en mede-voorsitter van IBA se Forum for Barristers and Advocates.

Die internasionale raadgewende liggaam sluit Sir Sydney Kentridge, lid Nelson Mandela se regspan in 1961, Cyril Ramaphosa, Dr Mamphela Ramphele, senior advokaat Soli Sorabjee en Desmond Tutu in.

металлокерамика протезированиепрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.