SAPD ontken vlugtelingbewerings

Deel op

Brandon Huntley, die Suid-Afrikaner wat vlugtelingstatus in Kanada toegeken is, het nie een van die sewe keer wat hy na bewering by sy huis aangeval is, ‘n saak by die polisie gemaak nie.

Deel op

Volgens die koerant, The Star, het Huntley nooit die aanvalle aan die polisie gerapporteer nie.

Huntley het aan Kanada se immigrasieamptenare gesê dat swart mense hom sewe verskillende geleenthede in sy huis aangeval het en dat wit mense nie veilig is in Suid-Afrika nie.

‘Ek het die publiek se oë oopgemaak oor wat aangaan”, het Huntley aan The Star gesê.

Huntley het gesê hy sal weier om met Suid-Afrikaanse owerhede oor die saak te gesels.

Kanadese owerhede het vlugtelingstatus aan Huntley toegeken sonder dat Suid-Afrika se regering gevra is om enige insette oor die saak te lewer.

William Davis, die hoof van die paneel wat die besluit gemaak het, het gesê Huntley is ‘n slagoffer as gevolg van sy ras.

"Die bewyse toon die land en polisie se afsydigheid en onvermoë om wit Suid-Afrikaners teen misdaad van swart Afrikane te beskerm“, het Davis gesê.

Ronnie Mamoepa, ‘n woordvoerder vir binnelandse sake, het gesê die besluit is gebaseer op absolute onsin en die ANC het dit as rassisme verklaar.

потолочную люструлобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.