Sigeuners parasiteer op Britse welvaartstelsel

Deel op

Image

Sigeuners in Tandarei… ontvang ‘n goeie inkomste vanuit Brittanje

Die Britse welvaartstelsel, wat deur sowel Konserwatiewe as Arbeiderregerinvgs uitgebrei is, skep soveel buitelandse parasiete dat 'n hele dorpie in Roemenië nou van bedrog met Britse toelaes leef, het 'n ondersoek getoon.

Deel op

Volgens 'n berig in die Times-koerant, gaan 'n beraamde £1 miljard (ongeveer R13 miljard) jaarliks verlore vanuit die toelae- en belastingkredietstelsel, met verdere tienmiljoene ponde wat na georganiseerde misdaad deursyfer.

Daar bestaan, volgens die koerant, "toenemende kommer oor die hoë persentasie vals eise wat deur sindikate georkestreer word en wat die stempel van goedkeuring ná die eenvoudigste kontroles ontvang".

Die ondersoek het onthul dat baie van die verdagtes agter dié tipe bedrog na Tandarei teruggespoor kan word. Tandarei is 'n dorp in oostelike Roemenië van 15 000 mense, waarvan 2 000 sigeuners is.

"Oor die afgelope vyf jaar, het voorheen arm woonbuurte in die dorp skielik onverklaarbaar welvarend geraak," berig die Times.

Luidens die koerant, "is daar tydens die ekonomiese-opbloei-in-die-kleine 100 weelderige nuwe huise gebou, wat op R300 miljoen gewaardeer word. BMW's en Land Rovers met Britse nommerplate ry heen en weer deur die stofstrate."

Bronne binne die Britse polisie beweer dat die nuutgevonde rykdom die opbrengs van misdaad verteenwoordig wat in die VK, Spanje en Italië plaasvind. Die bron van dié geld is mensehandel, straatmisdaad en bedrog met welsynstoelaes.

Dis maklik vir parasiete om die welsynsstelsel in Brittanje te tap, aangesien eise deur mense met nasionale versekeringsnommers wat vir hulself werk, ingestel kan word, asook diegene wat vir 12 maande in die land gewerk het.

Aangesien Brittanje die EU-wetgewing oor die vrye beweging van mense onderteken het en ook die enigste land is wat geen beperkings op die binnekoms van burgers van die sogenaamde "nuwe EU-lede" plaas nie, kon tienduisende sigeuners vrylik na die Verenigde Koninkryk gaan.

Volgens die Times gebruik dié bendes 'n verskeidenheid vervalste dokumente om te "bewys" dat volwassenes vir toelaes kwalifiseer en bring hulle dan straatkinders vanuit sigeunerkampe in Roemenië in om hul eise op die Britse welvaarstelsel nog verder te verhoog.

Kindertoelaes en belastingkrediete vir kinders kan geëis word selfs al bevind die kinders hulle nie in die land nie, maar die teenwoordigheid van 'n gesmokkelde kind beteken ekstra behuisingsvoordele en bykomende belastingkrediete.

"Baie van die gesinne wie se eise deur die departement van werk en pensioene, asook Haar Majesteit se doeane en aksynsdepartement goedgekeur is, het nog nooit in Brittanje gewerk nie en kwalifiseer nie vir toelaes nie," berig die Times.

"Die metropolitaanse polisie het 'n ondersoek geloods weens kommer oor die toename in misdaad waarby Roemene betrokke is ná dié land se aansluiting by die EU – meer as 1 000 oortredings is in die eerste ses maande van 2007 opgeteken, vergeleke met 168 gedurende die hele 2006," gaan die koerant voort.

"In Januarie 2008 het die polisie klopjagte uitgevoer op 16 adresse wat deur smokkelaars gebruik word en 'n groot aantal kinders daar ontdek wat vir misdaad op straat opgelei word."

Die misdaad sal onverpoosd voortgaan totdat Brittanje se toelaestelsel hersien word om die misbruik stop te sit wat ná dekades van liberale Tory- en Arbeiderregering ontwikkel het.

сауны фотоФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.