1 September in die geskiedenis

Deel op

1 September 1900 word die ZAR deur Engeland geannekseer. Lord Roberts was van mening dat wanneer hy in besit van Pretoria, die Transvaalse hoofstad, sou wees die Republikeinse magte hulle aan die Britse gesag sou onderwerp. Op 3 September het die Transvaalse regering n teenproklamasie uitgevaardig wat lui dat die volk van die ZAR 'n vrye en onafhanklike volk is wat weier om hom aan die Britse gesag te onderwerp.

Deel op

Die Anglo-Boereoorlog was een van die skrikwekkendste oorloë van die negentiende eeu. Die verklaarde doel van Groot-Brittanje, volgens die verteenwoordiger van die imperiale moondheid in Suid-Afrika, sir Alfred Milner, was immers die vernietiging van die Afrikanerdom van die twee Boererepublieke. Kort en bondig was sy standpunt: "I want to crush Afrikanerdom." Vir daardie doel is 'n leërmag van bykans 300 000 man van oral in die wêreld aangevoer om die twee klein Boererepublieke te vernietig. Benewens Engelse, Skotte, Iere, Walliesers en Britte uit ander dele van die wêreld, was daar ook 'n beduidende aantal omgehaalde Afrikaners ('handsuppers' en 'joiners') asook swartes en bruinmense wat die Britse aanslag teen die Boererepublieke ondersteun het. Teen 'n meerderheid van bykans tien teen een, het die Boererepublieke weerstand teen Britse aggressie gebied wat die wêreld verstom het. Die onderliggende motivering daarvoor het die Engelse skrywer Conan Doyle soos volg uitgedruk: "Neem 'n samelewing van Hollandse Afrikaners van die tipe wat hulle vir tagtig jaar teen die mag van Spanje verdedig het, in die tyd toe Spanje die grootste moondheid op aarde was. Voeg by hulle geledere 'n aansienlike getal van die onverskrokke Hugenote, wat huis en haard en alles prysgegee het tydens die herroeping van die Edik van Nantes. Die resultaat moet klaarblyklik een van die gehardste, onoorwinlikste nasies ter wêreld wees."

Dit was teen hierdie volk en sy vroue wat Brittanje sy uitdelgingsbeleid van verskroeide aarde van stapel gestuur het. Mettertyd stroom die berigte van gruweldade teen Boerevroue en kinders in. Op die plaas van ene Nyske is drie vrouens en hul kinders deur swartmans weggevoer, ontklee en gedwing om vir hulle voedsel te berei. Daarna is hulle vir 'n afstand van vyf-en-dertig myl te voet na die Engelse kamp aangejaag.

Dokter Wilhelm Valetin se verslag lui: "Vrouens en meisies is volkome uitgelewer aan die willekeur van Engeland se moordbendes en hul swart bondgenote. Misdade van alle soorte, gedwonge omgang met vrouens, skending van die meisies, skande en ellende is die beoogde resultate. Afwisselend word hulle in klein groepies na Pretoria gebring vir ontugtige doeleindes. Alle vrouens van 12 jaar en ouer word gebruik. Hulle hou die ongelukkige meisies solank daar, dat hulle werklik onbruikbaar (useless) is. Selfs Kitchener weet daarvan. Dikwels het enkele meisies daarin geslaag om weer by ons uit te kom, meisies van 16 jaar met sneeuwit hare, asof hulle 'n lewe van honderd jaar agter die rug het.

Feit is dat ongeveer 35% van alle Boerevroue en -meisies in Transvaal en die Vrystaat deur Britse offisiere, soldate, en swart soldate verkrag is, onder andere dogters van 10 jaar. Dit is ook so dat die Engelse leër statisties gesproke die hoogste persentasie geslagsiektes het… Wat die gevolge van hierdie gedwonge geslagsverkeer met die gesonde, kragtige  Boerevroue en -meisies vir die toekoms van die land inhou, kan aan die fantasie van elke onbevooroordeelde persoon oorgelaat word." (AWG Raath 2002)

free slotstopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.