Blanke skuldgevoel word gemanipuleer

Deel op

ImageThomas Jackson skryf in sy oorsig oor rasseprobleme in Amerika:

 “Until it is possible to discuss racial differences openly, black failure – of which there will always be plenty – will be laid at the feet of white racism.  As long as whites are thought to be collectively guilty, there will be few tears for the ‘invisible victims’ of affirmative action, the white man’s burden”.

Die verwekking van ’n skuldgevoel by die blanke is ’n metode vir uitwissing van die blanke ras wat  dwarsdeur die wêreld aangewend word. Blankes is die slagoffers van die magsbeheptheid van ’n groepie geldmagnate, en anders as swartes wat wêreldwyd deur skatryk organisasies gedra word in die poging tot wêreldoorheersing, staan die blanke geïsoleerd op hierdie slagveld.

Deel op

Omdat dit eerstens deur middel van ‘regstellende aksie’ geloods word teen die blanke man, die tradisionele broodwinner en hoof van die huis, word die gesin –  die kern en voortbestaan van ’n volk – lamgelê. Indien die man se selfrespek in so ’n mate hierdeur aangetas word dat hy nie meer in sy eie vermoëns glo nie, is die kans op oorlewing van sy gesinsverband bitter skraal.  So word die skans vir beskerming van die gesin verpletter, en so word die moontlikheid vir uitwissing van ’n nasie versterk. Hierdie resep is noukeurig deur die wêreldgeldmag saamgestel en word reeds vir baie jare wêreldwyd gebruik.

Die afgelope 24 jaar het regstellende aksie ook in Amerika teenoor blanke mans (“invisible victims”) neerslag gevind in feitlik elke deel van hulle samelewing. Navorsing is daaroor gedoen deur die Earhart Foundation and Institute for Educational Affairs. Dit het die skokkende gevolge daarvan onthul. Nog is daar geen oplossings voor nie en blyk dit dat die breinspoeling onder die blankes daar net so volmaak geslaag het as onder die meerderheid blankes in Suid-Afrika.

Dat die Kaliforniese Snelwegpatrollie werksgeleenthede slegs vir ander applikante as blankes adverteer, of dat die Los Angeles skoledistrik opdrag gee vir “mixed-raced teams in scholastic contests because it looks bad when all-white teams win”, is geen vreemde verskynsel nie.  Dit word dáár net so geredelik aanvaar soos hier waar daar by voormalige blanke skole sedert 1994 tydens sportbyeenkomste die swart verloorder in die blanke wennertjie se plek gestel word met die blatante erkenning van regstellende aksie tot voordeel van die ‘agtergeblewene’. So ken ons ook in Suid-Afrika die toepassing van diskriminasie teen die blanke man deur die kommunistiese ANC met sy swart bemagtigingsprojek waar blanke mans heel laaste geag word by indiensneming van enige aard.  Ons het ook begin sien watter effek dit op die huisgesin en die moreel van ons Afrikanervolk uitoefen.  Ook ons moraal word soortgelyk aan die bevindinge van die navorsing in Amerika, waar huwelike en vriendskappe as gevolg daarvan eindig, drankmisbruik daardeur plaasvind en ’n sinisme oor politiek ontstaan het. So het ’n algehele morele verval met ’n gevolglik hoë misdaadsyfer die laaste spyker in die doodskis word.

Die enigste ligpuntjie vam hierdie navorsing het getoon dat ’n klein persentasie mans ’n meer behoudend-konserwatiewe siening van die politiek ontwikkel het, juis as gevolg van die regstellende aksie en diskriminasie teen hulle blankeskap. Die hoop vir Suid-Afrika in hierdie verband beskaam nie, en begin reeds in ’n mate realiseer, maar dit sal eers werklik sigbaar word wanneer die anargie op sy hewigste woed en blankes gedwing word om vir hulleself te dink.  Dan sal hulle besef dat hulle misbruik is en die skuldgevoel van ‘wit rassisme’ ten volle afskud. Dan eers sal blankes erken dat ‘wit rassisme’ nie die oorsaak van die ‘agtergeblewenes’ se agterstand is nie, maar wel die genetiese erfenis van swartes.

Mag die Afrikanervolk die insig en die moed hê om uit te styg bo die Amerikaner se kapitulasie soos beskryf deur Frederick Lynch: 

          “…many people in America think that if white racism is not what makes non-whites fail, genetic inferiority must be the cause.  Since that is officially unthinkable, white racism is the only possible culprit”.

Dalk moet ons weer Willis Carto van Duitsland se woorde in herinnering roep:

“The Communists know that our susceptibility to the feeling of guilt is their greatest asset…once a predator can convince a victim that he is guilty, the victim becomes the slave of the predator”.

Blanke mans moet ophou glo dat diskriminasie teen hul blankeskap hul verdiende loon is en dat hulle verantwoordelik is vir die lot van die agtergeblewenes. Weet dat dit ’n polities beplande strategie is vir wêreldoorname tot ’n een-wêreldregering, en dat die swart element slegs ’n instrument daartoe is.  Anders sal Baba Zulu van die Afro-sentriese skool in Washington se woorde binnekort met dade oor ons spoel: “People, get ready, there’s a war a-coming . . . The last white dog must die!”

купить кухня киевФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.