Noordwesboere en Menseregtekommissie werk saam

Deel op

Kommersiële boere in die Noordwesprovinsie en die SA menseregtekommissie het ooreengekom om om saam te werk waar gevalle van menseregteskendings ter sprake is, het die landbou-organisasie Agri-Noordwes gister gesê.

Deel op

President Andries Beyers het gesê die liggaam sal in die toekoms in kennis gestel word van alle nuwe plaasverwante menseregteskendings in die provinsie wat by die SAMRK aanhangig gemaak word.

"Ons sal help met die verskaffing van feite en inligting om hulp te verleen by die betroubaarheid en meriete van klagtes," het Beyers in 'n verklaring gesê.

Die uitvoerende beampte van Agri-Noordwes, Boeta du Toit, het gesê die regte van boere, hul werkers en gesinne sou die beste beskerm word indien ondersoeke na menseregteskendings objektief geskied.

"Organe van die staat soos die MRK moet objektief en onpartydig gedurende ondersoeke wees."

Agri-Noordwes het gesê die kongres van SA vakbonde, oftewel Cosatu, het in die verlede lasterlike aantygings in die provinsie gemaak en kwaadwillige gerugte oor boere versprei.

Du Toit het gesê die boerderyliggaam beskou sulke bewerings in 'n ernstige lig aangesien hulle op haatspraak neerkom en 'n klimaat vir plaasaanvalle skep.

производство деревянных лестницДанильченко Юрий Брониславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.