Kanada gee wit Suid-Afrikaner vlugtelingstatus

Deel op

Kanada het aan 'n Suid-Afrikaanse burger, Brandon Huntly, vlugtelingstatus gegee omdat die Suid-Afrikaanse regering hom nie van die vervolging deur "Suid-Afrikaners van Afrika" kan beskerm nie, het die media Dinsdag berig.

Die Kanadese koerant, die Ottowa Sun, het 'n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Ottowa, Anesh Maistry, aangehaal waar hy kennis neem van die besluit. Maistry het aan News24.com gesê dat Kanada 'n soewereine land is wat sy eie wette maak.

Die Ottawa Sun het berig dat Huntly aan 'n Kanadese immigrasie- en vlugtelingraad "duidelike en oortuigende bewys gelewer het van die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë en onwilligheid om hom te beskerm".

In sy getuienis het hy 'n "beeld van onverskilligheid en onwilligheid" geskets van die Suid-Afrikaanse regering om "wit Suid-Afrikaners van vervolging deur Suid-Afrikaners van Afrika" te beskerm, het die tribunaal se voorsitter William Davis gesê.

"Ek vind dat die eiser soos 'n 'seer duim' sal uitstaan vanweë sy velkleur in enige deel van die land," het Davis gesê.

Woordvoerder vir binnelandse sake, Ronnie Mamoepa, sê die regering is "gewalg" deur die uitspraak, en het dit as "aantygings sonder enige gronde teen ons mense en ons land" beskryf.

"Dit sou net goeie maniere van die Kanadese regering gewees het om die Suid-Afrikaanse regering 'n geleentheid te gee om te aanwoord op die aantygings," het Mamoepa aan News24.com gesê.

Huntly, wat in Mowbray, Kaapstad grootgeword het, sê hy is sewe keer deur swart Suid-Afrikaners aangeval en is 'n "wit hond" en 'n "setlaar" genoem.

"Daar is 'n haat oor wat ons aan hulle gedoen het en dit gaan alles oor die kleur van jou vel," het Huntly gesê.

Huntly het na Kanada gereis op 'n sesmaande werkpermit in 2004 en het in 2005 onwettig na Kanada teruggekeer tot hy in April 2008 vlugtelingstatus geëis het.

best way to gain followers on instagramданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.