Dissiplin?re optrede teen VF Plus-jeugleier

Deel op

Cornelius Jansen van Rensburg het onvoorwaardelik sy verskoning aan die leier van die VF Plus, dr. Pieter Mulder en die VF Plus as party, aangebied.

Dit volg nadat Jansen van Rensburg skuldig bevind is deur die party se Federale Regskomitee dat hy die VF Plus se grondwet oortree het.

Die oortreding was dat hy uitsprake in die media gemaak het wat getuig het van wantroue, disrespek en dislojaliteit teenoor die Vryheidsfront Plus en sy nasionale leier en dat hy nie die interne kanale in die party daarvoor gebruik het nie.

Die VF Plus se Federale Raad, as hoogste gesagsliggaam, het  Jansen van Rensburg sy lidmaatskap van die VF Plus laat behou, maar hy is verwyder uit alle ampte van die VF Plus-jeug, asook as onderleier van Gauteng.

Hy behou egter sy amp as raadslid van Pretoria. Sou hy in die volgende vyf jaar ‘n soortgelyke oortreding begaan, sal sy lidmaatskap summier beëindig word. Jansen van Rensburg het die besluit aanvaar en onvoorwaardelik sy verskoning aangebied.

 

 

 

оборудование длялобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.