Ras en taal volgens prof, Jansen

Deel op

Image

Prof. Jonathan Jansen, wie se omstrede uitlatings dat hy nie na "kak oor kultuurverskille" gaan luister nie en Kovsies summier gaan transformeer onlangs in die nuus was, het reeds in 2005 by die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch sy anti-Afrikaner-houding op 'n kenmerkend vulgêre manier getoon. Onderstaande rubriek deur Dan Roodt het kort ná die Afrikaanse Taalberaad op die Praagwebwerf verskyn.

Deel op

Die swak beriggewing in die hoofstroompers oor verlede week se Taalberaad op Stellenbosch het soos gewoonlik 'n skewe beeld gegee van wat daar werklik gebeur het. Dit was drie dae van verskeie laagtepunte met weinig hoogtepunte. Uiteindelik het die beraad onverrigter sake geëindig, met slegs die vae belofte van 'n tweede beraad aanstaande jaar sonder enige wesentlike aksieplan.

Een rede waarom daar geen konsensus bereik kon word nie, was die teenwoordigheid van 'n aantal bruin intellektuele soos drs. Christa van Louw, Neville Alexander en prof. Jonathan Jansen van die UP. Van Louw het op die laaste dag 'n vloermoer gegooi uit vrees dat sy nie langer voorsitster sou wees van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans nie, terwyl Jansen op dag een aanbeveel het dat ek "seksuele omgang met 'n swart persoon behoort te hê sodat ek kan regkom".

Wat hierdie soort vulgêre uitlatings met 'n bespreking oor die Afrikaanse taal te make het, weet nugter. Maar dit is kennelik die vlak waartoe regstellende aksie-akademici aan Afrikaanse universiteite deesdae besig is om te daal. Trouens, die aand ná die fameuse onderonsie tussen my en Jansen, het ek in prof. Christa van Louw van die US en prof. Hein Willemse van die UP vasgeloop en sy het Jansen se uitspraak smalend teenoor Willemse herhaal, en nog iets bygevoeg in die trant van, "maar hy moenie slaap nie, hy moet wakker bly."

Wat Jansen veral omgekrap het, is dat ek na myself as 'n Afrikaner verwys het. Die meeste bruin intellektuele verkeer onder die indruk dat drie miljoen Afrikaners in 1994 verdwyn het of ten minste een of ander kontrak ten gunste van hul eie ondergang onderteken het. Terwyl Jansen Woensdag sy vuige kommentaar teenoor my betuig het, het Neville Alexander reg langs my gesnou: "Die Afrikaner is 'n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is."

Ek moet sê dat die sogenaamde bruin intellektuele nogal 'n bron van vermaak kan wees. Vier of vyf jaar gelede reeds het prof. Hein Willemse in 'n internetdebat rondom die einste taalkwessie teenoor my beken dat hy swart is, maar dat swartheid vir hom geen rassekategorie is nie, maar 'n "analitiese konsep".

Tussen akademikaans, engfrikaans en die ANC-bargoens wat oor die afgelope tien jaar ons taal besoedel het, gaan dit maar swaar met Afrikaans. 'n Woord wat my die horries gee, is "bemagtiging" en dit is oor en oor op die Taalberaad gebesig. As die woord bemagtiging nie deur die KGB uitgedink is nie, kom dit ten minste van Kuba of Noord-Korea.

Maar terug by die begrip "swart", ekskuus, die analitiese konsep. Toe die Xhosas begin het om die Universiteit van Wes-Kaapland te oorstroom in die vroeë tagtigerjare onder die rektorskap van Jakes Gerwel, was al antwoord wat die bruin intellektuele kon vind om hulself insgelyks as "swart" te beskryf. Dit verklaar moontlik Jansen, wat wel baie donker van kleur is, se obsessie met swart wat naderhand so erg geraak het dat ek hom moes betig oor sy onbetaamlike rassetrots.

Byna erger as die kroeggrap-redenasies van Tukkies se dekaan van opvoedkunde, is die neo-Marxistiese taalkunde van sy blanke kollega, prof. Vic Webb. Laasgenoemde het 'n pleidooi gelewer dat die Afrikaner alles moet aanvaar wat die ANC-regering op hom afdwing. Benewens sy neo-Marxisme en die feit dat hy sy grys haardos in 'n poniestert vasbind, vermeld die Taaloudit wat voor die beraad uitgedeel is dat "kruisbestuiwing met Indië" een van Webb se navorsingsareas is.

Twee weke gelede het ek reeds verwys na dr. Gerrit Brand as 'n akademiese hanswors. Vergeleke met Jonathan Jansen, Hein Willemse en Vic Webb kan 'n mens hom amper ernstig opneem. Die ironie van die saak is natuurlik dat hierdie kreature wat uit die UP se sirkus onsnap het, deur Naspers opgehemel word as die profete van ons tyd.

Volgens Rapport het ek vir "vermaak" op die Taalberaad gesorg. Veel eerder het ek die rol van narretemmer gespeel, want vermaak was daar genoeg sonder dat ek daartoe hoef by te dra. Benewens prof. Jonathan Jansen se seksuele fantasieë – hy het behoorlik begin kwyl toe hy die gehoor vertel het van sy pogings om die blanke skoolmeisies van Pretoria Girls High te breinspoel om van taal- en rasse-segregasie ontslae te raak deur minnaars uit 'n ander etniese kategorie te neem – was daar die bespreking oor Afrikaans en die media waaroor hieronder meer.

Terloops, 'n mens wonder hoeveel ouers van dogters by Pretoriase meisieskole daarvan bewus is dat 'n swart Humbert Humbert die blanke Lolitas bekruip en hulle boonop toespreek by skoolbyeenkomste. (Vir my lesers wat nie weet nie, het Wladimir Nobokof 'n roman oor 'n middeljarige man se verhouding met 'n dertienjarige meisie genaamd Lolita geskryf, iets wat in die vroeë sestigerjare 'n skandaal veroorsaak het.)

Hier gaan dit egter nie om fiksie nie, maar om die werklikheid. Is prof. Jansen se invloed op ons jeug in die vorm van seksuele innuendo en rasse-ideologie heilsaam? Behoort Tukkies so 'n man aan te hou as opvoedkundige dekaan? Wat kan ons van hom leer in verband met die handhawing van Afrikaans?

Dat ras, taal en seks egter 'n gewilde tema by die Taalberaad was, is gewis. Onder andere het mnr. Theo Erasmus van die betaalkanaal KykNET 'n beleidstuk versprei waarin die volgende vermeld word: "Die kanaal mag nooit gesien word as een wat eksklusief op 'n wit mark gerig is nie. Die persentasie bruin mense wat DStv besit en dus toegang tot KykNET het, is bitter klein, maar die kanaal moet ook toekomstige gehore teiken – nie net in sy eie belang nie, maar in belang van Afrikaans."

Die enigste afleiding wat 'n mens hieruit kan maak, is dat KykNET nie van sy huidige kykerspubliek – blanke Afrikaners – hou nie. Daar is min sakeondernemings ter wêreld wat soveel minagting teenoor hul eie kliënte koester soos KykNET.

Dié beleidstuk is versprei tydens die sessie wat gewy is aan Afrikaans en die media. Onder andere is Magdaleen Kruger deur die digteres Lina Spies ingevlieg oor die swak taalgebruik op Radio Sonder Grense, oftewel Radio Sonder Mense. Ook Tim du Plessis van Rapport moes erg deurloop oor sy redaksionele beleid wat neerkom op ANC-sikofansie en Afrikaner-verguising.

Ná so 'n Taalberaad voel mens dat jy jou pêrels voor die swyne gewerp het. Afrikaans baat kwalik by besprekings waar rassepropaganda die botoon bo taalkundige kwessies voer.

КонструкторыАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.