DRK se offensief kos 500 rebellelewens

Deel op

Dit het bekend geraak dat die weermag van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) meer as 500 Rwandese Hoetoe-rebelle doodgemaak of gevange geneem het sedert ’n offensief teen die rebelle ses weke gelede in die ooste van die land begin het.

Altesame 354 rebelle van die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda (FDLR) is in gevegte met die weermag dood en 151 is in die Suid-Kivu-provinsie gevang, het kol. Delphin Kahimbi aan Sapa-AFP gesê.

In die offensief, wat middel-Julie begin het, is 43 Kongolese soldate dood en 29 beseer, volgens Kahimbi, bevelvoerder van die weermag in Suid-Kivu.

Baie van die rebelle het sedertdien na Tanzanië en Boeroendi gevlug, het Kahimbi uit die oostelike stad Bukavu gesê.

Duisende FDLR-vegters is in die Suid- en Noord-Kivu-provinsies. Party het in 1994 aan die volksmoord in Rwanda teen die Toetsi-minderheid deelgeneem voordat hulle na die DRK gevlug het.

’n Tweede fase van die aanslag teen die FDLR begin op 10 September.

Pres. Jacob Zuma en 12 ander staatshoofde kom die naweek in Kinshasa, in die weste van die DRK, aan vir ’n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) op 7 en 8 September. Die DRK neem vandag oor ’n week die SAOG-voorsitterskap oor.

casino gamedЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.