Mandela het elekrisiteitskrisis veroorsaak

Deel op

BHP Billiton se Hillside- en Mozal-aluminumsmelters is van die grootste ter wereld, en wanneer op vol kapasiteit, verbruik 10% van Suid-Afrika se krag.

Meneer Mandela het die openingstoespraak van die Hillside-smelter gelewer, en ook die uitvoer van goedkoop krag na die daaropvolgende aluminiumsmelter in Mosambiek, sy vrou se tuisland, moontlik gemaak.

Deel op

Aangesien die smelt van aluminiumerts groot hoeveelhede elektrisiteit verbruik, maak sulke smelters grotendeels gebruik van "gratis" hidro-elektiese krag, of alternatiewelik spotgoedkoop gaskrag in Midde-Oosterse lande.

NUUT!

Australië wek soos Suid-Afrika 90% van sy krag met steenkool op, maar nogtans is dit vir BHP Billiton beter om hulle Australiese aluminiumerts na die anderkant van die aardbol, na Hillside en Mozal te stuur, eerder as om dit in Australië waar die erts gemyn word, self te smelt. Vanaf Suid-Afrika en Mosambiek word die meeste van die Australiese aluminium dan weer terug versend na die anderkant van die aardbol, en in China en Suidoos-Asië verkoop.

Die rede vir bogenoemde is dat die gesofistikeerde elektrisiteitskontrakte vir aluminiumsmelters van ingevoerde Australiese erts, gebasseer is op kommoditeits-marksiklus-klousules, wat die gemiddelde langtermynkoste van die krag goedkoper maak as die produksiekoste daarvan. Vandag is daardie kontrakkrag selfs goekoper as die materiaalkoste van steenkool uit nuwe myne, wat benodig word om meer krag op te wek. Waarde word dus vernietig, soos weerspieël in die onlangse R9,5 miljard-verlies deur Eskom.

Meer krag en nuwe kragstasies is nodig om Suid-Afrikaners se lewenstandaard te verbeter, en veel meer van Suid-Afrika se eie inheemse chroom-, mangaan- en platinumertse op plaaslike bodem te smelt, sodat die waardetoevoeging van ons plaaslike primêre mynprodukte ter plaatse plaasvind. Tans word miloene tonne Suid-Afrikaanse chroom- en mangaanerts jaarliks uitgevoer, weens 'n tekort aan krag. Suid-Afrika beskik oor ongeveer 80% van die aarde se ekonomies ontginbare chroom en mangaan, genoeg om aan elke Suid-Afrikaner 'n permanente en formele werk te verskaf, sou meer waarde tot hierdie plaaslike primêre produkte voor uitvoer bygevoeg word. 

Dit was presies die versiende meneer Mandela se uitgesproke bedoeling met die opening van Hillside, Mozal in Mosambiek, en die omstrede komende Coega-aluminiumsmelter in die Oos-Kaap: "By using energy generated from our abundant supplies of coal to produce aluminium, the smelter will contribute to the drive to add more value to our primary products before export."

Die vraag moet dus nou gevra word: is meneer Mandela mislei? Meneer Mandela is nie 'n myner nie. Is hy eerlik ingelig dat Suid-Afrika glad geen aluminiumerts het nie, en dat die miljoene der miljoene tonne uitheemse aluminiumerts al die pad van ver, van die Engelse Australië ingevoer sou word? Om daarna weer weggeneem te word vir werkskepping in China en ander mededingerlande?

Dít terwyl Australië genoeg steenkool het om sy eie aluminiumerts te smelt, maar dit nie doen nie, omdat Suid-Afrika se steenkool vir die smelt van Australiese aluminium, benede Eskom-produksiepryse verbrand word, sodat arm Suid-Afrikaanse verbruikers en voorheen benadeelde belastingbetalers die verliese moet betaal. Vergelyk dit – Suid-Afrika se armoede – met die mens Marius Kloppers se BHP-Billiton-salaris en ryk Australië se Bruto Binnelandse Produk, wat danksy aluminiumsmeltery deels ry op die rug van 'n arm Suid-Afrika se ontginbare hulpbronne.

Bobby Godsell van Eskom gaan nou met BHP-Billiton, Mitsubishi en die Mosambiekse regering gesels oor hulle geldige dog sondige kragkostekontrakte. As vakbonde van steenkoolmyne en Eskom beloof om Bobby by te staan met 'n nasionale regstellende aksie indien nodig, sal die oorsese aandeelhouers van Hillside en Mozal dadelik redelik wees en hulle hoogs intelligente Londen-Metaal-Beurs-gekoppelde kontrakte wettig en vrywillig opskort.

Dis beter dat twee smelters verliese maak of ly, as 'n hele land. Tans is 10% van elektrisiteitsverbruik verantwoordelik vir 90% van Eskom en die Suid-Afrikaanse belastingbetaler-verbruiker se verliese. Dié mensgemaakte situasie is wettig en regsgeldig, maar in die geheel gesien nie volhoubaar en moreel nie. Meneer Mandela se goeie bedoelings met plaaslike primêre mynprodukte, sowel as sy Mosambiekse bande, is miskien in die verlede misbruik. Die gebore Suid-Afrikaner Marius Kloppers kry nou die geleentheid om die openbare persepsie reg te stel, maar sonder die ondersteuning van Suid-Afrikaanse vakbonde gaan hy selfs as genie sukkel om Suid-Afrika se landsbelang bo dié van BHP-Billiton te stel.

посуда для детейФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.