Kovsie-studenteleiers looi vir Jansen

Deel op

Image

Jansen… veroorsaak integrasiekonsternasie aan die UVS

Die VF Plus het heftig op die onlangse uitsprake by ‘n nuuskonferensie in Johannesburg deur prof. Jonathan Jansen, Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, gereageer.

Deel op

“Prof. Jansen het twee weke gelede voor ‘n groep voornemende studente beloftes gemaak; onder andere dat daar volgende jaar eerstejaarskoshuise sal wees,” het Wouter Wessels, leier van die VF+Kovsies gesê.  Wessels het bygevoeg dat die Rektor nie hierdie besluite op sy eie kan neem nie en dat die UV se Raad dit eers moet goedkeur.  Die VF+Kovsies moedig die Raad aan om hierdie besluite nugter te neem en die gevolge daarvan in ag te neem.

NUUT!

Die feit dat prof. Jansen se oplossing vir die probleme wat daar met betrekking tot die huidige integrasiebeleid aan die UV bestaan, is om eerstejaarskoshuise te implementeer, is kommerwekkend.  “Die vraag wat ontstaan is, watter van die bestaande koshuise gaan na eerstejaarskoshuise omgeskakel word? Prof. Jansen is besig om onnodige paniek en verwarring onder studente te veroorsaak,” het Wessels gesê.

Die UV het ‘n dringende tekort aan verblyf en dus moet die UV-bestuur eerder daarop fokus om nuwe koshuise te bou en dan van hierdie koshuise as eerstejaarskoshuise in te rig en sodoende aan voornemende studente ‘n wye keuse van verblyf verskaf.

“Dit is ook belangrik om daarop te let dat die ‘tradisioneel wit’ koshuise almal volgens die integrasiebeleid geïntegreer is. Dit is onverantwoordelik van prof. Jansen om nou na die kampus as ‘n instelling van ‘apartheid’ te verwys,” het Wessels gesê.

Prof. Jansen maak ook ander beloftes, soos dat elke eerstejaar ‘n skootrekenaar gaan ontvang en ‘n semester in die buiteland gaan studeer.  “Die UV het baie ander finansiële behoeftes en daar moet eerder aan finansiële steun aan degeregistreerde studente, nagraadse kursusse en die opgradering van fasiliteite aandag geskenk word,” meen Wessels.

Die VF+Kovsies versoek die Rektor om studente se belange en menings in ag te neem.  Die studente wat tans in koshuise woon, het ook regte en dit moet gerespekteer word.  “Die UV-bestuur moet probleme bestuur en nie slegs probleemareas onder die mat probeer vee nie,” het Wessels bygevoeg.

wedding hair bands and tiarasтопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.