Zuma en Mugabe kuier lekker saam

Deel op

Image

Jacob Zuma… staan saam met Mugabe teen apartheid en kolonialisme

Die Zimbabwiese politieke leierskap is gereed om politieke en maatskaplike uitdagings die hoof te bied, het president Jacob Zuma by 'n staatbanket gister in Harare gesê.

Deel op

Die dinee is deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, aangebied en onder die gaste was die eerste minister, Morgan Tsvangirai.

"Ons bring broederlike groete van Suid-Afrika se mense wat met gespitste aandag die positiewe ontwikkelings in dié land in onlangse tye gevolg het," het Zuma gesê.

Zuma het erken dat die land se prestasies aan die plaaslike inwoners en aan die wêreld 'n sein uitgestuur het dat Zimbabwe se politieke leierskap "gereed was om die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings trompop te loop".

"Ons is almal baie bemoedig deur die manier waarop die drie partye hul geskille in belang van die land bygelê het.

"Dis inderdaad baie bemoedigend om te sien dat merkbare vooruitgang onder beskerming van dié inklusiewe regering gemaak is."

Zuma het gesê die SAOG bly beskikbaar om hulp aan te bied.

"Die oorblywende kwessies is nie onoorkomelik nie en kan te bowe gekom word.

"Die moeilikste pad is reeds afgelê… die bande wat ons aan mekaar verbind het toe ons die onmenslike stelsels van apartheid en kolonialisme beveg het, rig ons steeds vandag waar ons poog om 'n beter lewe vir al ons mense te skep."

Klik hier vir die volledige toespraak in Engels.

become an instagram modelлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.