Mandela hou van kommunisme, maar vier die ondergang daarvan

Deel op

Image

Die muur soos hy gelyk het

Nelson Mandela, wat gereeld sy bewondering vir Suid-Afrikaanse kommuniste uitspreek, neem egter aan die viering van die twintigjarige ineenstorting van die Berlynse muur deel.

Deel op

Die Mandela-familie het twee dominostene van 2,5 meter hoog na die Duitse hoofstad gestuur. Die kunswerk sal twee dae lank vertoon word alvorens dit – saam met 1000 ander domino's wat die Berlynse muur voorstel – omgestamp word.

Lede van Nelson Mandela se familie het die reusedomino's geverf, wat as 'n geskenk aan die stad van Berlyn gestuur word as deel van die vieringe om die afbreek van die muur twintig jaar gelede te herdenk. Mandela se uitgebreide familie, waaronder kleinkinders en agterkleinkinders, het vandeesweek afskeid geneem van die stukke wat in groot houtkratte gepak en na Berlyn gestuur is.[

Leonie Schirra, wat die vieringe in Berlyn bestuur, verduidelik dat die besluit om die Mandela-familie uit te nooi om aan die projek deel te neem, geskied het om die gebeurtenis 'n breër, internasionale fokus te gee. "Ons wou erken dat die ineenstorting van die muur in 1989 nie net 'n simbool van hoop vir Duitsers was nie, maar ook vir mense wat in konflikgebiede oral oor die wêreld woon."

Mandela se familie het vyf ure bestee om die twee stene in Nelson Mandela se Johannesburgse kantoor te versier. As inspirasie het die vieringtema, "Vrede, liefde en begrip", gedien.

"Dit was groot pret om ons groot familie byeen te bring. Om dit opwindend te maak, het ons ingestem om niemand van ons idees oor wat ons gaan verf te vertel totdat ons aangekom het nie," het Mandela se dogter Zindzi gesê.

Zindzi se bydrae tot die twee stene is 'n skildery van 'n vrou met kroeshare wat "my intepretasie van kultuur en identiteit voorstel", het sy gesê. Van naderby kan mens ook 'n skildery van 'n sokkerbal uitmaak, wat volgens Zindzi die familie se liefde vir sokker uitbeeld, asook na aanstaande jaar se 2010-wêreldbeker verwys.

Nelson Mandela se kleinseun, Kweku Mandela, sê: Jare lank het Duitsland 'n sigbare muur gehad terwyl ons in Suid-Afrika 'n onsigbare gehad het. Dit is wat ons twee lande met mekaar verbind." Zindzi Mandela het dié gevoel van wedersydse begrip tussen die twee lande beaam en gesê: "Ons verstaan wat Duitsland deurgemaak het en waar die land hom 20 jaar ná die ineenstorting van die muur bevind."

и мозаикаАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.