ANC-haatspraak teenoor blankes wek kommer

Ek vind dit verstommend hoe openlik en met hoeveel oortuiging funksionarisse van die swart regime haat teen blankes aanblaas.

Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), maak ongegronde aantygings dat blanke Suid-Afrikaners vir die debakel rondom Caster Semenya se seksualiteit verantwoordelik is. Tydens die ontvangs van Semenya op die Jan Smuts-lughawe (sg. “O.R. Tambo-lughawe”) val Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, blankes aan omdat hulle nie ook in groot getalle opgedaag het nie. Blankes word dus allerweë verdag gemaak as die vyande van Semenya en dus alle swart (sport-)helde.

Intussen dreig die sogenaamde "minister van arbeid", Membathisi Mdladlana, blankes met totale uitwissing. Die sogenaamde "arbeidsminister" dreig werkgewers om van blanke werknemers ontslae te raak, so nie sal "alle swartes" oorgaan tot rewolusie. Dit moet gelees word as Dank blankes af, of ons maak julle vrek! soos Anton Barnard skryf.

Dat blankes en Afrikaners spesifiek reeds soos vlieë uitgemoor word, in wat duidelik swart-op-wit-haatmisdaad is, is reeds ‘n kruipende genoside. Dit is die biologiese komponent van volksmoord. Terselfdertyd kom die wyse waarop ons taal uit die openbare lewe verban word, sowel as die vele ander vorme van rassistiese wetgewing, in die werksplek en elders, op niks minder as etnoside neer nie. Dit is die kultuurkomponent van volksmoord en gaan dikwels massagenoside vooraf.

Dus hang ons bestaan reeds aan ‘n dun draadjie. Chuene, Malema en Mdladlana se anti-blanke haatspraak en verdagmakery kan net vet op die vuur wees.

Die gemak en sukses waarmee die ANC duisende swartes op die ingewing van die oomblik kan mobiliseer, soos nou weer gesien is met Semenya se verwelkoming, ná haar prestasie in Berlyn, bly kommerwekkend. Sou Membathisi Mdladlana se “rewolusie” met net soveel sukses gereël kon word? Stellig reken ek: “Ja”.

Mdladlana se uitspraak dat dit die “rewolusie van alle swartes” sal wees laat my dink dat ‘n volskaalse volksmoord op Afrikaners op die hoogste vlak van die regime begeer word.

Die Suid-Afrikaanse media en veral die Afrikaanse media (Naspers/Media24) ontken die gevaar waarin ons leef. Enkele internetwebwerwe, waaronder Perspektief, PRAAG, Censorbugbear en enkele ander stel die alternatiewe mening aan die Afrikaner en blanke Suid-Afrikaner.

Dit wil voorkom asof die ANC se haatspraak jeëns blankes toeneem en selfs meer blatant raak. Mdladlana, Malema en Chuene se uitsprake herinner aan die haatspraak wat in Rwanda bedryf is tot en met die volskaalse volksmoord waartydens 1 miljoen Toetsis binne drie maande uitgemoor is.

Dit is egter die plig van diegene onder ons wat besef hoe benard die situasie is om ons volksgenote in te lig. As volk moet ons ingelig en weerbaar wees.

sponsor a post

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.