Meer as miljoen misdade per jaar nooit opgelos

Deel op

Image

Slegs 10,3% skuldigbevindings

Meer as 'n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat elke jaar in die land geopen word, word nooit opgelos nie, berig die Mercury.

Deel op

"Die sake gaan iewers verlore – hulle val deur die krake in die stelsel. Ons moet seker maak dat sake nie wegraak nie," het Willie Scholtz, hoof van die Suid-Afrikaanse Strafregstelselwerkgroep, gesê.

Scholtz het verlede week 'n toespraak by Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool gelewer.

Hy blameer die onbevredigende ondersoeke na misdaadgevalle, verhore wat vir 'n baie lang tyd aanhou, asook ondoeltreffende hofprosedures, vir die land se 10,3 persent skuldigbevindingskoers in strafsake.

Aanklaers en Regshulpraadprokureurs speel ook 'n rol by die "oneindige uitstel van sake".

Scholtz is hoof van 'n span wat behulpsaam is by 'n hersiening van die strafregstelsel.

10 gamesданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.