Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het in 'n verklaring die geweld "sterk veroordeel".
"Terwyl lede van die SANW het die reg om vrylik te vergader en te betoog, maar daar kan geen regverdiging vir hul gedrag wees wat hul status as beskermers van die nasie weerspreek nie," het Mtethwa gesê.
'n Loonbetoging van ongeveer 1 000 soldate, wat almal lede van die SA Nasionale Weermagvakbond is, het in chaos verval toe die groep gepoog het om op die perseel van die Uniegebou te kom.
Die polisie het rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare uiteen te jaag. Die soldate het die polisie uitgejou, 'n petrolbom op 'n motor gegooi en ander motors gevandaliseer.
Methethwa het gesê hy het die staking met die minister van verdediging en oorlogsveterane, Lindiwe Sisulu, bespreek en dat 'n ondersoek aan die gang is.
Diegene wat aan wetsoortredings skuldig bevind word, sal gestraf word, het hy gesê.