Ku?n en Hougaard in Blou-Bulspan

Deel op

Image

Derick Ku?n

Die afrigter van die Vodacom Blou Bulle Frans Ludeke het heelparty van sy groot kanonne insluitende Derick Kuün, Werner Kruger en Wilhelm Steenkamp vir Saterdag se wedstryd in Johannesburg teen die Leeus nadergetrek. 

Deel op

Kuün en Kruger gaan die skrum aan die sy van Jaco Engels anker met Steenkamp wat terug is in die tweede ry langs Flippie van der Merwe. 

Ludeke het sy ervare lostrio onveranderd gelaat, maar agterlangs sal Marius Delport in die plek van die beseerde Akona Ndungane diens doen met Jaco Pretorius en Stefan Watermeyer wat hul kombinasie in die middelveld hervat. 

Ludeke het besluit om vier voorspelers en drie agterspelers op die bank te kies maar hoewel daar nog ‘n bietjie twyfel oor die enkelbesering van Frik Kirsten is, is die afrigter sowel as Dr Org Strauss optimisties dat die groot stut betyds sal herstel. 

Ludeke sê hy is redelik tevrede met hoe die Blou Bulle se seisoen in die eerste ronde verloop het, maar daar is steeds verskeie aspekte waarin hy wil hê die span moet verbeter. 

“Ons moet in die tweede ronde in elke wedstryd vir die volle 80 minute speel en ek sal wil sien dat ons voortaan beter afrond. 

“Ons moet ook al hoe meer driedruk-geleenthede skep en baie klem sal in ons vaste fasette gaan, want alles was nie honderd persent in dié afdeling van ons spel nie.” 

Vodacom Blou Bulle: Zane Kirchner; Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, Marius Delport; Burton Francis, Francois Hougaard; Dewald Potgieter , Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick Kuün (kaptein), Jaco Engels. Reserwes: Bandise Maku, Frik Kirsten/Dean Greyling, Fudge Mabeta, Jacques Burger, Heini Adams, Francois Brummer, Tiger Mangweni.

 

погружной дляФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.