Vrede in Midde-Ooste kry nuwe asem

Deel op

President Barack Obama gaan volgens die Britse Guardian 'n aankondiging doen oor die vredesonderhandelinge wat tot stilstand gekom het tussen Israel en die Palestyne. Volgens 'n nuwe ooreenkoms het Israel blykbaar ingestem om die uitbou van Joodse nedersettings te staak in ruil vir strenger Amerikaanse sanksies teen Iran.

Obama wil die aankondiging teen die einde van September maak. Hy sal dit by die Algemene Vergadering van die VN in New York, in die week van 23 September doen of by die G20-spitsberaad in Pittsburgh, September 24-25.

Iran is 'n eksistensiële bedreiging vir Israel, terwyl die nedersettings nie is nie, sê 'n onderhandelaar wat anoniem wil bly.

Die VSA, Brittanje en Frankryk sal aanstons die Veiligheidsraad druk om sanksies teen Iran uit te brei sodat dit die olie- en gasnywerhede insluit.

Israel wil ook hulle verhoudinge met hulle Arabiese bure normaliseer. Dit sluit die reg vir die El Al-lugdiens om Arabiese lande se lugruim te gebruik, in. Israel vra ook dat buurlande hulle verbod op reisigers met stempels van Israel in hulle paspoorte, nietig verklaar.

'n Meningsopname in Israel het Woensdag aangetoon dat die ooreenkoms om Joodse nedersettings te staak, nie gewild is by Israeli's nie. Byna twee-derdes is daarteen gekant.

 

Diplomate in Wene sê dat Iran sedert die einde van Mei nog nie verdere uraanverrykingssentrifuges opgerig het nie, nadat hulle voorheen hulle kapasiteit oor drie agtereenvolgende jare uitgebou het.

 

"Daar is geen bykomende sentrifuges wat uraan verryk sedert die einde van Mei nie," het 'n senior diplomaat, wat anoniem wou bly, in Wene gesê.

 

Die IAEA sal na verwagting hierdie week 'n verslag bekend maak oor die verlangsaamde pas waarteen Iran sentrifuges uitbrei. Die verslag sal waarskynlik ook 'n invloed op die vredesonderhandelinge in die Midde-Ooste wat binnekort hervat gaan word, hê.

 

цена ремонта квартиры за квадратный метрлобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.