Lede van die polisie het rubberkoeëls en traangas op ‘n groep van 1 000 soldate gevuur nadat hulle by die Uniegebou probeer inbreek het.
Die departement van verdediging het Woensdag gesê die polisie het met die “nodige geweld” opgetree toe ‘n groep betogers oor ‘n heining buite die gebou probeer klim het.
Die betogers is lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).
Volgens ‘n woordvoerder vir die departement, Ndivhuwo Mabaya, het die betogers motors beskadig en ‘n militêre voertuig aan die brand gesteek.
Een betoger is lig beseer.
Die protesoptog deur SANW-soldate is vroeër Woensdag deur die hooggeregshof in Pretoria onwettig verklaar.
Die soldate het aansoek gedoen om ’n optog na die Uniegebou te voer oor salarisse.