Ons eie, fraaie aster

Deel op

Image

Ons pragmeisie, Aster Schoeman

Alhoewel min mense van haar prestasies bewus is, het Afrikaners ook ons eie verteenwoordiger in die gewigstoot vir dames by die Berlynse IAAF-kampioenskappe gehad.

Deel op

Haar naam is Aster Schoeman. Sy is 'n boorling van Louis Trichardt. Alhoewel wenkbroue gelig het toe sy die gewigstoot vir dames met sowat 18m gewen het en die vorige dameswêreldrekord sodoende met 17.8m verbeter het, verwerp Atletiek SA se baas Leonard Chuene enige spekulasie oor Aster se geslag.

Volgens Chuene is dit slegs rassiste wat hul sal bekommer oor 'n paar donsies op die gesig, 'n totale afwesigheid van borste, 'n knop in die broek en 'n uiters gespierde bolyf. Volgens Chuene kan almal sien dat Aster in der waarheid 'n dame is en skuil daar bloot 'n neokoloniale agenda agter die Westerse imperialistiese pers wat ons heldin se geslag in twyfel sou wou trek.

Alhoewel Aster op 'n stadium vir die eerste rugbyspan van die Hoërskool Louis Trichardt as slot uitgedraf het, is sy eintlik 'n fyn en delikate meisie met tipiese vroulike belangstellings. Aster hou van naaldwerk, ballet en kook en sien sy daarna uit om die man van haar drome te ontmoet.

Gevra deur joernaliste na die man van haar drome, het Aster beskeie gebloos en met 'n fyn basso-profundo-stemmetjie gesê sy sou verkies om 'n lang, gespierde, donker man te ontmoet, siende dat sy self die skaal trek op 120kg en 2,05m lank is. In die afwesigheid van mans wat aan hierdie kriteria voldoen, buiten miskien op nommer vier en vyf in die Springbokspan, is Aster tans in 'n verhouding met 'n blondine, Poppie Pelser. Volgens Aster is dit heeltemal natuurlik vir mense soos sy om haar eie seksualiteit te verken deur met mense van dieselfde geslag as sy 'n verhouding aan te knoop.

Wat eweneens aan min mense bekend is, is dat die IAAF ook vir Aster aan geslagstoetse wou onderwerp, veral nádat sekere van haar mede-atlete gekla het dat Aster met te veel belangstelling na hulle in die stort gestaar het. Dié toets is egter afgestel omdat Aster die amptenaar wat dit voorgestel het, se kakebeen met 'n delikate linkerhaakhou verbrysel het.

Lewer kommentaar en lees ander rubrieke deur Anton Barnard op SAmizdat. 

освещение лестницы вДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.