Toerisme daal met 40 persent

Deel op

Image

Europese toeriste het SA versaak…

Die aantal oorsese vakansiegangers wat Suid-Afrika besoek – besoekers vanuit Afrika uitgesluit – het met 40 persent afgeneem, berig Sake24.

Deel op

Die Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging se hoof van toerismedienste, Michael Tatalias, het gesê dat "ontspanningstoerisme" – buitelanders wat Suid-Afrika op vakansie besoek – met 40 persent in die jaar tot einde Mei afgeneem het.

In die geheel het die aantal buitelandse besoekers, wat besoekers uit ander Afrikalande uitsluit maar sakebesoekers, sportbesoekers en familiebesoekers insluit, het met 110 000 oftewel 11,7 persent, gedaal.

Matsatsi Marobe, die uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van SA, het die syfers bevestig en gesê dat die persentasie buitelandse vakansiegangers met tussen 30 en 40 persent afgeneem het.

free videoАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.