Wapenvergoedingsaak hof toe

Deel op

'n Eis om vergoeding vir wapens wat onder die wet op vuurwapenbeheer ingehandig is, gaan aanstaande week in die Kaapse Hoë Hof beredeneer word, het die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika gister gesê.

Deel op

Die organisasie sê hy het hom by die Valsbaaiskietklub gevoeg deur te eis dat die minister van polisie binne 60 dae riglyne opstel vir vergoeding soos dit deur artikel 137 van die Vuurwapenbeheerwet vereis word.

Die staat se weiering om tot dusver vergoeding te betaal was strydig met sy grondwetlike verpligtinge wat verband hou met die beginsels wat openbare administrasie reël.

Die Geregtigheidsalliansie het gesê dat sowel individue as wapenhandelaars finansiële verliese deur dié weiering gely het.

In een van die ondersteunende verklarings wat by die hof geliasseer is, het 'n handelaar gesê dat sy 'n verlies van meer as R2 miljoen gely het omdat sy haar voorraad wapens moes inhandig.

купить игрушкуАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.