Koerante gaan oorleef s? M&G se redakteur

Deel op

Nic Dawes, redakteur van die Mail & Guardian, het aan die Kaapse Persklub gesê die koerantbedryf sal nie doodgaan nie want mense het inligting nodig. Sy koerant het reeds net een nuuskantoor, waar die papier- sowel as elektroniese uitgawes voorberei word.

Dawes het die BBC se webtuiste uitgesonder as een van die bestes.

Die resessie knou verkope, maar Dawes voel dit is nie waar dat koerante hul relevansie weens webwerwe verloor nie.

Hy het egter beklemtoon dat armes nie toegang tot digitale nuus het nie, en homself daartoe verbind om relevant vir algar te wees. Die resep, sê hy, moet nog gevind word.

Hy het gesê dis nog nie aand in die bedryf nie, "maar baie van die swaarmoedigheid is oordrewe".

Rupert Murdoch het pas aangekondig dat hy ’n gratis koerant in Londen gaan sluit. Dawes gesê hy was verstom oor die swak gehalte van gratis koerante in Londen omdat die inhoud hoofsaaklik skindernuus oor glanspersoonlikhede bevat.

мозаикалобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.