‘Dank blankes af, of ons maak julle vrek!’

Deel op

Image

Wat sou gebeur as 'n groep volkstaatondersteuners iets in die volgende trant sou kwytraak?

"Gee ons 'n volkstaat of anders is daar 'n rasse-oorlog!"

Deel op

Dit sou onmiddellik 'n koor van veroordeling ontlok, asook natuurlik die onafwendbare aantygings van rassisme. Ongelukkig geld daar egter dubbele standaarde in Suid-Afrika. Swartes, en veral lede van die ANC-bewind, kan met vrymoedigheid selfs die mees opruiende uitsprake besig, sonder enige vrees vir teëspraak of die nagevolge van hulle haatspraak teenoor blankes. Ons almal weet immers swartes kan per definisie nie rassiste wees nie, nie waar nie?

Neem byvoorbeeld die skokkende uitlatings van die minister van arbeid, Membathisi Mdladlana. Mdladlana en Jimmy Manyi, daardie voorste voorbeeld van 'n toutologies gesproke nuttelose RA-aanstelling, is ontstoke omdat werkgewers hardnekkig kundigheid bo passasiers verkies, iets wat totaal strydig is met die ANC se parasitiese en vernietigende kultuur.

(Manyi se pos by Tiger Brands is terloops Direkteur: Korporatiewe Aangeleenthede. Dis uiteraard 'n totaal niksseggende titel. Wat doen hy presies? Sien hy om na die skoonmakers? Hou hy toesig oor die teedames? Dis duidelik dat Tiger Brands se ander direkteure vir Manyi 'n pos geskep het ten einde hom so ver as moontlik te verwyder van enige besluitneming of insae in aktiwiteite wat saakmaak. Manyi ry stellig elke dag in sy luukse motor met die wete dat hy 'n nuttelose bron van uitgawes vir sy maatskappy is, wat g'n dooie duit waarde toevoeg nie.)

Menere Mdladlana en Manyi is kwaad omdat werknemers traag is om blankes af te dank om die heilige staat van transformasie te bereik. Ja, reg gelees: af te dank. Siende dat Suid-Afrika aktief werksgeleenthede verloor en dat dit dus nie moontlik is om demografiese verteenwoordiging met 'n groei in werksgeleenthede te bereik nie, is die grootskeepse afdanking van blanke professionele en bestuurslui die enigste manier om Manyi-hulle se eise te laat realiseer.

Mdladlana se dreigement is onomwonde. Dit kom neer op: "Dank blankes vinniger af, of die swartes maak julle vrek." Hier is dit:

Comply with the law instead of manufacturing a revolution that is not going to take us anywhere," he said referring to apartheid uprisings.

You better touch our hand whilst we are still giving it," he said.

I want to warn them that the revolution will be a revolution of all black people.

Vir jou, meneer en mevrou die blanke werknemer, is die keuse strak: óf jy bedank of word afgedank, óf netnou is 'n volksmoord jou en jou kinders se voorland. Onmoontlik of vergesog, dink jy? Dink weer. Binne slegs 'n paar maande in 1994 is 'n miljoen of meer in Rwanda uitgewis.

Lewer kommentaar en lees ander rubrieke deur Anton Barnard op SAmizdat .

пневмоинструмент в нижнемФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.