Afrika bedel om aardverwarming om te keer

Deel op
Afrika gaan ryk lande $67 miljard per jaar vra sodat die gevolge van aardverwarming aangespreek kan word.

Tien Afrika-leiers het by die AU-hoofkwartier byeengekom in die hoofstad van Ethiopië om ooreen te kom om 'n gemeenskaplike standpunt oor klimaatsverandering te formuleer voordat die VN se spitsberaad in Kopenhagen afskop

Kenners sê Afrika dra min by tot aardverwarming, maar gaan die hardste getref word deur droogtes, vloede, hittegolwe en stygende seevlakke.

Die konsepresolusie wat nog deur die tien leiers aanvaar moet word, het ryk lande gevra om te betaal om die gevolge van aardverwarming teen te werk.

Afrikaregerings se onvermoë om 'n gemeenskaplike standpunt te huldig, het in die verlede daartoe bygedra dat die kontinent se bedingingsmag nie gemonster is nie.

Die Ethiopiese eerste minister Meles Zenawi het vroeër vanjaar 'n beroep op ryk lande gedoen om Afrika vir die klimaatskade te vergoed, nadat hy gesê het dat sy land se vernietigende droogtes gedurende die tagtigerjare deur die ryk lande in die noorde veroorsaak is

Die Global Humanitarian Forum in Geneve sê in 'n verslag wat in Mei bekend gestel is, arm lande moet nege tiendes van die menslike en ekonomiese las van klimaatsverandering dra.

Volgens die verslag produseer die 50 armste lande net 1 persent van die koolstofdioksied wat wetenskaplikes as 'n berdreiging vir die planeet beskryf.

Twintig van die vyftien heel armste lande is in Afrika. Die ander is in Asië en klein ontwilkkelende eilandgroepe.

Ontwikkeldende lande kla dat die ryk lande nie geld en tegnologie beskikbaar stel om die skade om te keer nie.

'n Nuwe klimaatsverdrag sal na verwagting in Desember Kopenhagen onderhandel word, maar 'n VN-amptenaar het gewaarsku dat die samesprekinge kan misluk as dit versnel word.

Yvo de Boer, hoof van die VN se Klimaatsveranderingsekretariaat, sê "selektiewe vooruitgang" is gemaak in die konsepverdrag van 200 bladsye wat in Bonn opgestel is.

how to get sponsored instagramФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.