Hy het gesê die katastrofiese vorige leierskap het die Suid-Arikaanse publiek sowel as die internasionale mediese gemeenskap se vertroue geskend.
In 'n artikel wat die gapende verskille in sorg en koördinasie tussen die verskillende provinsies beklemtoon, sê Horten ook dat die geweld en misdaad waarmee die land te kampe het, 'n bykomende las op die gesondheidstelsel plaas.
Hy het manslag, gesinsgeweld en verkragting uitgesonder as die kwessies wat bydra tot die geweldige las.
Horten sê geweld in Suid-Afrika word hoofsaaklik deur jong swart mans gepleeg tussen die ouderdomme van 15 en 29. Die helfte van vroue wat vermoor word, word deur intieme vriende om die lewe gebring.
Benewens Vigs, wat die grootste uitdaging vir die gesondheidstelsel in Suid-Afrika bly met 5,5 miljoen mense – 17% van die wêreldtotaal – wat besmet is, is daar al hoe meer gevalle van vetsug, hartsiekte, dwelmverslawing en depressie.
Suid-Afrika is een van 12 lande waar kindersterftes ook besig is om toe te neem sedert 1990.