Oppossiepartye mik vir een kraal

Deel op
Te midde van woelinge in die opposisie, is opposisieleiers uitgenooi om pres. Jacob Zuma dié week in Tuynhuys te ontmoet.

Intussen het Helen Zille, DA-leier, en Terror Lekota, Cope-leier, verlede Vrydag ’n voorlopige ooreenkoms oor samewerking goedgekeur. Die ooreenkoms is deur Cope opgestel en deur die DA verfyn.

Albei partye voel dat hulle kernwaardes deel, asook ’n gemeenskaplike visie vir Suid-Afrika se opposisiepolitiek. Die gedagte van nie-rassigheid staan sentraal vir beide die DA en Cope.

Dit volg nadat 12 partyverteenwoordigers, ses van elke party, die inisiatief geneem het om 'n verkennende gesprek van stapel te stuur

Zille, Athol Trollip en Ryan Coetzee het die DA-afvaardiging gelei, terwyl Lekota, Mbhazima Shilowa en Phillip Dexter vir Cope ingestaan het.

Shilowa, Patricia de Lille, leier van die OD en Bantu Holomisa van die UDM, het ook uitnodigings uitgestuur aan alle leiers van opposisiepartye om Dinsdag ’n vergadering in die parlement by te woon.

Volgens Beeld is die uitnodigings aanvaar en sal alle partye op die vergadering verteenwoordig wees.

Formele gesprekvoering oor die herskikking van opposisiepolitiek sal tydens die vergadering glo bespreek word.

светДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.