Kernwapens vir Osama?

Deel op

ImageDaar word beweer dat die "Arctic Sea" – die Russiese skip wat blykbaar gekaap is en vir twee weke vermis is – 'n kernwapen aan boord gehad het wat vir Osama bin Laden bestem was. Volgens Joseph Farah se G2 Bulletin word dié bewerings tans deur die Britse inligtingsdiens, MI6, ondersoek.

Deel op

Die skip is vandag 300 seemyl vanaf die Wes-Afrikaanse kus gevind en die bemanning is veilig, maar 'n span spesialiste in die opsporing van kernstowwe is vanuit Moskou na die toneel gestuur.

Die moontlikheid dat die skip heelwat meer as net die hout wat dit veronderstel was om te verskeep aan boord gehad het, val saam met die bin Laden se mees onlange openbare aanspraak dat hy "binnekort 'n kernwapen in die hande gaan kry".

In 'n reeks verwikkelinge wat as hoogs ongewoon beskryf word, het die "Arctic Sea", 'n vragskip met 'n Russiese bemanning, ongeveer twee weke gelede verdwyn toe dit deur die Mou, een van die besigste seekanale ter wêreld, gevaar het.

Die skip van 4 000 ton het van die hawe Pietarsaari in Wes-Finland weggevaar met hout ter waarde van $1,3 miljoen aan boord, blykbaar onderweg na Algerië.

Vier dae later is sy in Sweedse waters deur gewapende en gemaskerde mans oorval.

Die afgelope naweek het dit geblyk dat bestralingstoetse in die hawe van Pietasaari uitgevoer is nadat MI6 en beamptes van die FSB, die Russiese geheime diens, by die hawe aangekom het.

Die uitslag van daardie toetse bly geheim. Intussen het die Russiese vloot vyf oorlogskepe wat van spesiale toerusting – sensors wat kernstof kan opspoor – voorsien is na die Atlantiese oseaan gestuur.

Die moontlikheid dat kernmateriaal aan boord van die "Arctic Sea" versteek was, is ook verhoog deur die verslag dat splytbare stowwe enkele weke gelede uit 'n kernbergingsdepot indie Oeralgebergte in Rusland verdwyn het.

free pokerФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.