
Drie waterverfwerke deur Adolf Hitler word in September in Nuremberg in die suide van Duitsland opgeveil.
Die werke beeld tonele waar Nazi-oorlogmisdade jare later sou plaasvind, uit, berig ‘n plaaslike koerant.
Die stukke, wat onderskeidelik in 1910 en 1911 geverf is, is getiteld, “Zerschossene Muehle” (’n Beskadigde watermeule),”Weissenkirchen in der Wachau”, (‘n Oostentykse dorpie) en “Haus mit Bruecke am Fluss” “Huis met ‘n brug oor ‘n rivier), het Nuernberger Nachrichten berig.
Die bod begin op R33 990, volgens die katalogus van Weidlerafslaers.
Hitler het as ‘n jong man daarvan gedroom om ‘n skilder te word en hy het selfs vir ‘n plek by die Weense Akademie vir Kuns aansoek gedoen.
Sy aansoek is afgekeur omdat sy tekeninge is nie goed genoeg was nie.
Hy is aangemoedig om argitektuur te studeer, maar hy het geweier om sy strewe om te skilder te laat vaar en poskaarte geteken wat hy aan toeriste verkoop het vir ‘n inkomste.