Churchill se standbeeld in Parys gevandaliseer

Deel op

Image

Nog ongeskonde…

Franse anti-oorlogsaktiviste het 'n standbeeld van Winston Churchill in die sentrum van Parys, in Les jardins des Champs-Elysées, gevandaliseer met die herdenking van die stad se bevryding van Duitse besetting.

Die aanval op die bronsbeeld is in die nag gedoen. Die beeld van Churchill se twee hande is 'n rooi verf gedoop wat lyk asof dit bloed voorstel.

Die voorletters 'R.H' is ook op die beeld aangebring. Dit is waarskynlik die voorletters van Rudolf Hess, Adolf Hitler se afgevaardigde wat na Brittanje gestuur is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in 'n beweerde poging van die Duitsers om vrede te maak.

In stede daarvan het Churchill Hess in die gevangenis laat opsluit in 1941, sodat die oorlog 'n verdere 4 jaar kon aanhou.

Nadat Hess by Nuremberg verhoor is, is hy tot lewenslange gevangenis gevonnis. Hy is op die ouderdom van 93 in die Spandaugevangenis oorlede, 22 jaar gelede hierdie week in 1987.

модельки автоФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.