Ho?rskool Ermelo se saak vandag gehoor

Deel op

Die Mpumalanga departement van Onderwys se aansoek om verlof om appèl aan te teken teen die Appèlhof in Bloemfontein se uitspraak dat die Hoërskool Ermelo weer ʼn enkelmedium Afrikaanse skool mag wees, word vandag om 10:00 in die Konstitusionele Hof aangehoor. Sou die aansoek om verlof tot appèl goedgekeur word, sal die saak direk daarna aangehoor word.

Die Appèlhof in Bloemfontein het bevestig dat die owerheid onregmatig opgetree het toe Hoërskool Ermelo gedwing is om sy taalbeleid te verander.

Daar is nie ʼn enkele voorbeeld van waar die minister of onderwysowerhede ingegryp het om ʼn enkelmedium Engelse sekondêre skool se taalbeleid te verander nie. “In teenstelling hiermee het die minister en onderwysowerhede dit nodig geag om die staat se volle mag te gebruik om te probeer verseker dat Hoërskool Ermelo verengels,” het Kallie Kriel van Afriforum gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum die grootste simpatie met die massas kinders in die land het wat nie toegang tot goeie onderwys het nie. “Die argument van toegang is egter bloot as handige verskoning misbruik om Hoërskool Ermelo van sy status as Afrikaanse skool te probeer ontneem, aangesien daar genoegsame fasiliteite in die skool se omgewing beskikbaar is om leerders wat Engels as voertaal verkies, te kan akkommodeer,” het Kriel gesê. Kriel sê dat die owerhede ʼn kunsmatige behoefte aan Engelse onderrig geskep het om ʼn anti-Afrikaanse agenda te bevorder.

Volgens Kriel bestaan daar verskeie voorbeelde wat daarop wys dat die oorskakeling na ʼn dubbel- of parallelmediumstelsel die eerste stap na ʼn eentalige Engelse instelling is, veral weens die demografiese realiteite van die land.

Die feit dat slegs 19 van die 150 voorgraadse kursusse by die Universiteit van Pretoria steeds in Afrikaans aangebied word, is volgens Kriel ʼn goeie bewys hiervan. “Die aandrang op enkelmedium Afrikaanse instellings kan dus geensins gereduseer word tot ʼn poging om ander taalsprekers uit skole te hou nie,” het Kriel aangevoer.

купить рюкзак школьный для мальчика ортопедическийДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.