Sweedse koerant beskuldig Israeli weermag van orgaandiefstal

Deel op

Image

Terugbesorgde Palestyn

'n Groot Sweedse dagblad het hierdie week met 'n anti-Joodse voorbladberig opspraak gewek. Die linkse Aftonbladet beskuldig Israeli soldate daarvan dat hulle Palestyne ontvoer om hulle organe te steel.

Onder die opskrif "Hulle plunder die organe van ons seuns" haal die koerant jong Palestyne aan van die Wesoewer en Gaza wat beweer hulle word deur die Israeli weermag gevang, gedood en dat hulle liggame daarna aan hulle gesinne terugbesorg word met ontbrekende organe.

Die beweringe in die berig, wat hier in Sweeds te lese is, het 'n storm en beskuldigings van die ergste anti-Semitisme ontketen.

Donald Boström, die joernalis, haal gesinslede van Khaled van Nablus, Raed van Jenin asook die ooms van Magmoed en Nafes van Gaza aan wat almal beweer dat die seuns nie-vrywillige orgaanskenkers is. Hulle het glo net verdwyn en is eers 'n paar dae later in die nag terugbesorg, dood en nadoods ondersoek.

Boström verbind die orgaandiefstal met die misdaadsindikaat wat onlangs in die Amerikaanse deelstaat New Jersey oopgevlek is. 'n Paar rabbi's is vasgetrek en een van hulle, Levy Izhak Rosenbaum, is gevang nadat hy die verkoop van 'n menslike nier probeer onderhandel het.

Volgens die Sweedse dagblad het die orgaandiefstal in 1992 begin tydens die eerste Intifada. Die Israelse weermag het 'n klipgooier wat in die bene, maag en bors gewond was glo per militêre helikopter na 'n onbekende plek vervoer.

Die liggaaam van die man is vyf nagte later terugbesorg, in groen hospitaallakens toegedraai.

Terwyl die soldate besig was om sy graf te grawe, is die lyk se bors per abuis ontbloot en 'n lang sny vanaf sy abdomen tot sy ken het die spekulasie laat vlam vat dat iets nie pluis is nie.

Die liberale Sydsvenskan – 'n groot koerant in die suide van Swede – het hulle mededinger skerp gekritiseer in 'n opiniestuk getiteld "Antisemitbladet" ('n woordspeling op Aftonbladet).

Die ministerie van buitelandse sake het Dinsdag die berig afgekam en woordvoerder Yigal Palmor het die stuk beskryf as 'n "merk van skande" vir Swede se media.

Hy het die donker stuk as Middeleeus beskryf wat geen plek in 'n demokratiese land soos Swede het nie.

Israel het by monde van hulle ambassade in Stockholm 'n harde veroordeling gerig aan die Sweedse regering en die koerant self.

 

remezaФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.