Swart polisiemanne probeer Afrikanermotoris beroof

Deel op

Image

Howard Yawa, LUR vir veiligheid in Noordwes

Twee swart polisiemanne van Brits is aangekla van moord, diefstal en motorkaping nadat hulle na bewering 'n Afrikaner van Brits probeer dwing het om 'n "kontantboete" te betaal.

Christiaan Wynand Rudolf Nel is Maandoggend om 3.00 vm. deur die twee swart polisiemanne van die pad af getrek in 'n polisievoertuig, kwansuis omdat hy 'n rooi verkeerslig in die hoofstraat van Brits geïgnoreer het, het 'n woordvoerder van die Noordwespolisie, superintendent Junior Metsi, gister gesê.
Deel op

"'n Rusie het gevolg oor 'n beweerde spoedoortreding en die twee polisiemanne het 'n afkoopboete van R2000 uitgeskryf."

Nel het sy vriendin gebel en het gereël om haar by 'n nabygeleë vulstasie te ontmoet waar die geld getrek sou word.

"Die meisie het haar vader om hulp gevra, wat 'n veiligheidsmaatskappy se hulp ingeroep het. Die geld is getrek en aan Nel gegee, waarop die polisiemanne en Nel weggery het, met een van die polisielede wat Nel se voertuig bestuur."

Die veiligheidsmaatskappy se motor het hulle egter agtervolg tot by 'n plek waar Nel R1000 aan die polisie oorhandig het.

"Dit lyk asof een van die swart polisiemanne van die veiligheidsmaatskappy se waarneming bewus geraak het, paniekerig geraak het en weggejaag het. Nel het in die rigting van die veiligheidswagte gehardloop en verskeie skote is afgevuur. Die tweede polisieman het in Nel se motor weggejaag."

Die motor is later Maandag in Brits gevind waar dit agtergelaat is.

'n Straf- en interne ondersoek is aan die gang en die saak is nou na 'n senior aanklaer verwys wat sal besluit hoe daar voortgegaan sal word.

"Niemand is bokant die wet nie en die Noordwespolisie sal alles in sy vermoë doen om korrupsie binne en buite die polisiediens uit te roei. Ons sal nie huiwer om selfs van ons eie lede in hegtenis te neem indien hulle misdaad pleeg nie," het Metsi gesê.

Die LUR vir openbare veiligheid van die provinsie, Howard Yawa, het gesê hy beskou die bewerings in 'n ernstige lig en het beveel dat die interne ondersoek binne die volgende 14 dae afgehandel moet word.

"Daar is geen plek vir korrupte elemente wat die integriteit van die polisie in die gedrang bring nie," het hy in 'n verklaring gesê.

"Die ondersoek sal moet vasstel waarom die motoris in hegtenis geneem is, indien hy inderdaad 'n verkeersoortreding begaan het en ook nie 'n bestuurslisensie kon toon nie, waarom die beweerde finansiële transaksies tussen die motoris en genoemde polisieman moes plaasvind en wat na die beweerde skietery, vlug van die polisieman vanaf die toneel en die uiteindelike agterlaat van sy motor gelei het."

topлобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.