Metrorail staak vir die tweede dag

Deel op

Image

Pieter Greyling

'n Staking deur treindrywers van Metrorail duur vandag vir die tweede dag voort terwyl vakbondlede beklemtoon dat die arbeidsoptrede 'n "geweldige uitwerking" op dienste gehad het.

Deel op

"Die diens wat Metrorail tans aanbied is 'n openbarevakansiedag- of Sondagdiens. Dit het 'n geweldige uitwerking want die meeste van hul treindrywers staak," het die woordvoerder vir die Verenigde vervoer en verwante vakbond (VVVV), Pieter Greyling, gesê.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het gister gesê dat Metrorail se treindiens vir die oggend op 80 persent van die normale diens staan.

Maar Greyling het dié aanspraak verwerp.

"Dis suiwer propaganda," meen hy.

Die VVVV verteenwoordig tussen 2500 en 2800 Metrorail-werkers, waaronder treindrywers en die meeste van die administratiewe personeel soos kaartjieverkopers.

Die hoofgeskilpunt in loononderhandelings met Metrorail is 'n voorgestelde nuwe beperking op die aantal oortydure wat werkers kon eis, het Greyling gesê.

"Dit gaan beteken dat ons mense tussen R4000 en R6000 minder per maand gaan verdien. Hierdie mense werk al jare lank oortyd en nou wil die maatskappy dit begin beperk."

Die VVVV se mede-vakbond, die SA Vervoer en verwante vakbond (SAVVV), neem nie aan die staking deel nie.

вино барбарескоФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.