Al vier verbrande swartes nou dood

Deel op

Die swart paar en hul 14-maande-oue tweeling wat in Blairgowrie, Randburg, aan die brand gesteek is, is almal dood. Die tweelingseun, Thokomalo, is Sondag dood en sy pa, net bekend as Thabo, is Vrydagaand dood, berig The Star.

Deel op

Die kinders se ma, Maice Moyo, het Sondag 7 Augustus ná die brand aan haar wonde beswyk.

Die tweelingdogter is ‘n paar dae later dood.

Die twee swartes en hul tweeling is aan die brand gesteek in ‘n aanval by ‘n huis in Olympicstraat waar Moyo as ‘n huishulp gewerk het.

Die polisie het vroeër gesê ‘n liefdesdriehoek is dalk die oorsaak vir die aanval en nie ‘n rooftog soos aanvanklik gedink is nie.

Verlede week het snr. supt. Eugene Opperman, ‘n polisiewoordvoerder, gesê die saak word ondersoek.

The Star het Dinsdag berig dat Moyo volgens haar broer, Robert, ses ander kinders gehad het.

Die kinders se ouderdomme is tussen agt en 20. Vier van dié kinders woon in Zimbabwe.

“Die eerste keer toe ek hoor Maice is dood kon ek dit nie glo nie. Ek het na die polisiekantoor gegaan en hulle het vir my haar verbrande paspoort en ander boeke gewys. Dít is toe ek besef het dit is waar,” het Moyo se broer gesê.

“Ek was geskok. Ek kan nie snags slaap nie. Ek het baie pyn,” het hy gesê.

велосипед полтаваФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.